Kollig-kalender
TANS AAN DIE GANG
– Die Windhoek Kersmark duur tot 7 November by die United-sportklub in Olympia.
– 19:00 – Die MTC Windhoek Modeweek duur tot môre en vind op die P3-parkering by Maerua Mall plaas. Saterdag is daar om 11:00 en 18:00 ’n straatmodevertoning in Onafhanklikheidsrylaan. Kaartjies: Vanaf N$100
VANDAG
– 19:00 – Jacob & Taylor tree by Sound Garden in Swakopmund op. Kaartjies: N$50
MôRE
– 08:00 – NamCon – ’n byeenkoms vir cosplay, manga, anime en strokiesprente vind tot 17:00 by die Franco-Namibiese Kultuursentrum plaas. Toegang is gratis.
– 08:30 – Die Waldorf-skool hou tot 12:30 ’n vlooimark by die skool in Avis.
– 09:00 – Die Auas Hills-aftreeoord hou ’n Kersmark met allerlei lekkergoed, eetgoed en handgemaakte items te koop. Dit duur tot 13:00.
– 10:00 – Windhoek-bierfees by die Wanderers-sportgronde. Kaartjies: Vanaf N$100
– 15:00 – Die Windhoek-jazzfees vind by die Ramblers-sportklub in Windhoek plaas, met kunstenaars soos Jimmy Dludlu, Hugh Masekela, Oliver Mtukudzi, Big Ben, Erna Chimu Sagarias Tsam en Suzi Eises. Kaartjies: N$350
– 17:00 – Oviritje Legendary Live-konsert by Zoopark in Windhoek. Kaartjies: Vanaf N$150
– 18:00 – Die Face of Namibia-finaal vind by die Windhoek Palm Hotel plaas. Kaartjies: Vanaf N$300
– 18:30 – The Bellas en African Vocals bied “Songs in Harmony” by die Shofar-kerk in Swakopmund aan. Kaartjies: N$100
– 19:00 – Chuckle Factory Comedy Club bied ’n aand van komedie met die Suid-Afrikaanse komediant Vafa Naraghi in die Nasionale Teater aan. Kaartjies: Vanaf N$300
– 19:00 – The Yesterdaye tree by Sound Garden in Swakopmund op. Kaartjies: N$50


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie