Die Boekrak
Christelle Potgieter se debuutmemoir, Dosed and Exposed, is ’n rou en eerlike verhaal van hoe sy haar lewe van nuuts herbou het. Van moeilike kinderjare en trauma, tot haar ervarings in die toerismebedryf en as ’n eksotiese danser, wys sy hoe vinnig die lewe kan ontrafel. Sy praat openlik oor haar stryd met depressie en alkoholverslawing en hoe sy in ’n siklus van pyn en ontsnapping vasgevang was. Die boek fokus op haar keerpunt – waar sy kwesbaarheid, selfvergifnis en genesing kies. Met eerlikheid ondersoek sy temas soos trauma, verslawing, selfrespek en herstel en hoe sy uiteindelik ’n nuwe met doel en betekenis vind.
Dosed and Exposed is ’n kragtige verhaal van veerkragtigheid en hoop vir enigiemand wat al verlore of gebroke gevoel het.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie