Vir die liefde van lees

Poësiekompetisie
Kuisebmond se biblioteek wil 'n kultuur van lees in die gemeenskap bevorder.
Michelline Nawatises
Die biblioteek in Kuisebmond is druk besig om 'n leeskultuur in die gemeenskap te kweek.

Volgens Erika Namases, ’n bibliotekaresse, kom die biblioteek elke maand met 'n tema vorendag om die gemeenskap betrokke te hou. Aprilmaand is Nasionale Poësiemaand en behels 'n kompetisie vir leerlinge tussen die ouderdomme van 10 en 15. Namases moedig leerlinge aan om die biblioteek te besoek en vir die kompetisie in te skryf, met biblioteekverwante pryse op die spel vir die wenners.

Vorige kompetisies

In Maart is Vrouemaand as tema gevier. Meer as 50 kinders het aan die kompetisie deelgeneem en moes deel wie hul heldinne is.

“Omdat hierdie jong meisies die toekomstige moeders is, moedig ons hulle aan om die biblioteek te besoek en van kleins af deel van die wêreld te voel,” het Namises verduidelik.

Elke wenner het 'n deelnamesertifikaat, 'n leesboek, 'n notaboek en 'n potloodhouer ontvang.

Namases sê die hoofdoel van hierdie tipe kompetisies is om leerlinge na die biblioteek te lok en hul aandag op die leesmateriaal te hou.

“Ons wil hê hulle moet lees. Onderwysers van verskeie laerskole moedig ook hul leerlinge, sowel as hul ouers aan om die biblioteek te besoek.”

Skenk gerus

Die biblioteek moedig bereidwilliges aan om geld te skenk om meisies in die skool te hou.

“Sommige meisies is nie in staat om sanitêre doekies te bekostig nie. Die publiek kan enige bedrag bydra sodat ons doekies kan koop en dit aan meisies kan skenk wat dit nodig het,” sê Namases.

Hierdie projek het ten doel om die afwesigheid van meisies in skole tydens hulle maandstonde te verminder.

"Nadat die boks gevul is, word dit by verskeie skole in die hawedorp afgelewer. Die mees onlangse besoek was aan Laerskool !Nara. 'n Groep vroue deel die doekies uit.”

Wanneer leerlinge 'n skoolprojek het wat ondersteuning van die biblioteekpersoneel vereis, is hulle ook welkom om een van die drie biblioteke op Walvisbaai te besoek.

“Ons het ’n groot verskeidenheid boeke; hierdie kinders is welkom om ’n vorm in te vul en boeke uit te teken sodat ‘n leeskultuur die norm word.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!