Nóg 66 nuwe projekte van N$37,7 m. vir jeug
Die ministerie van finansies het 66 bykomende jeugprojekte onder die Nasionale Jeugontwikkelingsfonds goedgekeur met finansiering van meer as N$37,75 miljoen wat aan ondernemings in al 14 streke toegeken is.
Die projekte sal na verwagting 404 nuwe werksgeleenthede skep, veral vir jong entrepreneurs in belangrike nasionale prioriteitsektore, insluitend landbou, akwakultuur, akkerbou, hernubare energie, volhoubare toerisme, afvalbestuur, landbouverwerking, groen vervoer en waardetoegevoegde ondernemings.
Volgens die woordvoerder van die ministerie, Wilson Shikoto, dui die nuwe finansieringsronde op die voortsetting van die regering se pogings om werkskepping en ondernemingsontwikkeling onder jong Namibiërs te versnel. "Die ministerie van finansies kondig saam met die ontwikkelingsfinansieringsinstellings die tweede groep van 66 suksesvolle aansoekers onder die Nasionale Jeugontwikkelingsfonds aan," het Shikoto gesê.
Hy het gesê die goedgekeurde lys weerspieël 'n breë streeksverspreiding en diverse sake-idees wat gewortel is in plaaslike geleenthede. "Die goedgekeurde projekte dek elke streek en sluit ondernemings in soos pluimveeproduksie, veeteelt, gewasboerdery, biomassaverwerking, akwaponika, innoverende tegnologiedienste, herwinningsbedrywighede en hernubare energie-installasies," het hy gesê.
Leningsbedrae wissel van N$88 000 tot N$1 miljoen en assesserings en goedkeurings is deur Agribank en die Omgewingsbeleggingsfonds (EIF) gedoen.
Met die aanvraag na finansiële ondersteuning wat steeds groei, het die ministerie nou 'n verdere ronde aansoeke geopgen. "Nuwe aansoeke is nou oop om die fonds aktief en toeganklik vir jongmense te hou," het Shikoto gesê en bevestig dat aansoeke steeds deur die streekkantore van die goewerneurs gekanaliseer sal word.
Hy het aansoekers uit die massiewe poel van meer as 11 000 voorleggings wat tydens die loodsfase ontvang is, aangespoor om hul status vroeg in Desember te verifieer. "Jongmense word aangemoedig om hul goewerneurskantore gedurende die eerste week van Desember te besoek om die status van hul aansoeke te bevestig," het hy gesê.
Shikoto het sy waardering uitgespreek teenoor alle deelnemers aan die program en onsuksesvolle aansoekers aangemoedig om nie moed op te gee nie. "Die ministerie bedank alle aansoekers en moedig diegene wat nie gekies is nie, aan om leiding van hul streekkantore te kry vir toekomstige voorleggings," het hy gesê.
Hy het die regering se verbintenis tot breë jeugbemagtiging herbevestig en afgesluit: "Die regering bly verbind tot die uitbreiding van geleenthede vir jong Namibiërs en werkskepping regoor die land."
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie