FOTO MY ZONE
FOTO MY ZONE

Koedoes en Leeus pak mekaar

No Byline

Die jaarlikse Interhoër-kragmeting tussen Windhoek Gimnasium en Windhoek Hoërskool (WHS) speel nie net op die sportveld af nie, maar ook agter die skaakborde waar leerlinge mekaar in ’n uitdagende stryd van strategie, konsentrasie en kritiese denke pak. Die Interhoër-byeenkoms duur tot Saterdag en bied aan leerlinge die geleentheid om hul talente in verskeie dissiplines te meet. Die deelnemers verteenwoordig nie net hul skole met trots nie, maar leef ook die ware gees van sportmanskap, respek en gesonde mededinging uit. Foto My Zone

Kommentaar

Republikein 2026-09-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer