Jong wetenskaplikes stel vernuf ten toon

‘Namibië is inderdaad in goeie hande’
Die nasionale wetenskapuitstalling het Vrydag geëindig, met die ||Kharasstreek wat die toptoekennings oorheers het
Augetto Graig
“Die wetenskapuitstalling verwesenlik die bevordering en ontwikkeling van navorsing, wetenskap, tegnologie en innovasie onder leerlinge en onderwysers, terwyl ’n gemeenskaplike doelwit bevorder word in navorsing, wetenskaplike tegnologie, en innovasiedenke.”

So het die waarnemende uitvoerende hoof van die Nasionale Raad vir Navorsing, Wetenskap en Tegnologie (NCRST), Albertina Ngurare Vrydag tydens die nasionale wetenskapuitstalling se prysuitdeling gesê.

Leerlinge van oraloor die land het deur die loop van die week meegeding om hul vernuf en praktiese toepassing van wetenskap ten toon te stel en die uitstalling het Vrydag in die hoofstad ten einde geloop.

Die NCRST, in samewerking met die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, en met die ondersteuning van Debmarine Namibia wat N$1 miljoen geborg het, het die geleentheid by die Safari Hotel in Windhoek gereël.

Volgens haar sal die raad kyk na die verdere ontwikkeling van die projekte wat uitgestaan het.

“Die NCRST oorweeg maniere om hierdie idees verder te ontwikkel en modelle om die gemeenskapsprobleme wat in elke projek geïdentifiseer is, te takel. Ons het ’n paar projekte gesien wat funksionele modelle vir demonstrasiedoeleindes is, maar daar is nog ’n behoefte aan bykomende werk om die projekte ten volle tot skaal voor te berei.

“Daarom doen ons ’n beroep op ons universiteite, die bedryf en die regering om verder saam te werk om die ontwikkeling van die demonstrasiemodelle te finansier deur ’n nywerheidsontwerpproses te vind, vir innoverend oplossings wat op ons ontwikkelingsbehoeftes reageer,” het sy gesê.

Adjunkminister Faustina Kaley het namens die onderwysministerie gesê die vinnige veranderinge in wetenskap en tegnologie, en die inwerkingstelling van nuwe tegnologie, het die ontwikkelingsvooruitsigte van talle nasies verander.

“Die aanvaarding van nuwe tegnologie het sommige ontwikkelende nasies nuwe hoop gegee, terwyl ander verder agter geraak het in ekonomiese terme,” voeg sy by.

Stella Ipinge, woordvoerder van Debmarine Namibia, het gesê: “As een van die hoofrolspelers in mariene diamantherwinning, word ons gekonfronteer met uitdagings wat verband hou met die ernstige tekort aan gekwalifiseerde en bekwame mense met vaardighede op dié gebied.

“Ons maak baie staat op die ontwikkeling van ons eie talent-hulpbronpoel,” sê sy.

“’n Belegging in ons toekomstige wetenskaplikes hier, sal voordelig vir ons maatskappy en vir ons land in die toekoms wees,” sê sy. “Wetenskap is die kern van ons bedrywighede en om die uitstalling te borg is eintlik 'n langtermynbelegging vir ons,” het Ipinge gesê.

“Ek kan die toekoms sien in wat julle gebou het en is beïndruk, omdat dit vir my duidelik is dat jongmense glo dat hulle die wêreld kan verander. Ek het hier jong wetenskaplikes, jong uitvinders en jong innoveerders gesien – Namibië is inderdaad in goeie hande,” sê sy.

“Julle het wat dit verg om wetenskaplikes te wees.”

Volgens Ipinge sal die wenners Namibië by die Eskom Ekspo vir Jong Wetenskaplikes in Suid-Afrika verteenwoordig.

Volgens die NCRST het 121 leerlinge van agt streke in Namibië aan die uitstalling deelgeneem.

Die ||Kharasstreek het by die prysuitdeling sy staal gewys deur die meeste wenners op te lewer.

Joy Iinane van dié streek het die topprys in die primêre fase opgeraap, en Rihanna Poniso van Keetmanshoop in die sekondêre fase.

Die Sekondêre Skool Keetmanshoop het met die louere weggestap as die beste hoërskool en Oranjemund Privaatskool as die beste primêre skool.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 15° | 33° Rundu: 15° | 32° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 16° | 31° Windhoek: 14° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 17° | 30° Lüderitz: 12° | 28° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 10° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 27° Lubumbashi: 15° | 29° Mbabane: 14° | 19° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 14° | 27° Cape Town: 13° | 22° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 27° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: Premier League: Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 15° | 33° Rundu: 15° | 32° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 16° | 31° Windhoek: 14° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 17° | 30° Lüderitz: 12° | 28° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 10° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 27° Lubumbashi: 15° | 29° Mbabane: 14° | 19° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 14° | 27° Cape Town: 13° | 22° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%