Elfjarige van Gobabis sprei haar vlerke
In Gobabis waar kinders nog kaalvoet in stofstrate rondhardloop, het ’n jong meisie haar merk op die atletiekbaan begin maak.
Karlie Nel, net 11 jaar oud, is een van sewe Namibiese atlete wat onlangs na Amerika vertrek het om hul land en drome te verteenwoordig.
Karlie se familie staan bankvas agter haar met al die liefde, geloof en opoffering wat ’n mens moontlik kan gee.
Sy het op negejarige ouderdom begin hardloop, eintlik net soos enige ander kind, speel-speel.
Vandag neem Karlie aan die 100 meter en verspring deel en ná verskeie kwalifiserende rondes, insluitend die finale uitdunronde van die Nationals of Nationals (NON), is haar naam op die lys van sewe atlete wat die lang vlug oor die oseaan aanpak.
“Toe ek hoor ek is gekies, het ek amper begin huil. Dis ’n groot voorreg. My droom het waar geword,” sê Karlie.
Haar droom is om eendag aan die Olimpiese Spele deel te neem.
Karlie lag toe sy sê dat sy ook graag haar eie Stanleybeker in Amerika wil koop, want “dis mos waar hulle gemaak word!”
Maar agter die glimlag besef sy hoe fyn die grense in hierdie wêreld is.
“Die ander atlete se tye en afstande is baie sterk,” sê Karlie.
“Dis splitsekondes of sentimeters wat alles bepaal.”
Karlie oefen tussendeur skool, huiswerk en ander sportaktiwiteite, elke dag vir ten minste ’n uur of meer. Fiksheid. Tegniek. Krag. Uithouvermoë. Alles in haar dag ingepas, asof dit die natuurlikste ding op aarde vir ’n elfjarige in Namibië is.
En agter haar? Haar ma.
'VLINDER KRY VLERKE'
Lehana Nel praat nie van prestasie en medaljes nie. Sy praat van genade, van gebede. Van ’n “vlindertjie-meisiekind” wat vlerke begin kry.
“Sjoe, dis ’n wonderlike geleentheid, maar ek was ook skrikkerig,” erken sy.
“Ek is so dankbaar teenoor die Here dat haar talent haar op sulke avonture kan neem.”
Maar dis nie net talent wat haar tot hier gebring het nie – dis ’n familie wat saamstaan, dis haar tweelingboetie, Carel, wat haar aanmoedig wanneer sy moeg is, selfs wanneer hulle saam in die dik sand op die plaas huis toe hardloop.
Lehana vertel meer oor Karlie se karakter. Hoe sy met ’n arm in gips aangehou oefen het, hoe sy tweede in die uitdunne by haar eerste Suid-Afrikaanse byeenkoms gekom het, maar toe die finaal gewen én die rekord gebreek het.
“Ons sien hoe sy elke uitdaging aanpak en ’n geleentheid daarvan maak. Dit bou haar.”
En tog, sê Lehana, maak dit nie saak of sy wen of verloor nie. Wat saak maak, is wie sy word.
“Tussen ons geselsies sien ek ’n elfjarige meisiekind wat grootmensdinge begin raaksien. Tussen giggels oor Starbucks sien ek hoe sy van dogtertjie tot jong vrou groei.”
Lehana raad aan ander ouers is: “Wees jou kind se grootste ondersteuner. Gee hulle geleenthede waar jy kan. Lei hulle. En bly op jou knieë saam met hulle. Môre is nie ’n gegewe nie.”
Vir Karlie is die pad vorentoe lank, maar nie eensaam nie. Sy dra die liefde van haar gesin in haar sak, en die geloof van haar mense in haar hart. Sy weet waar sy vandaan kom en sy weet waarheen sy op pad is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie