n Griekse diplomatieke paspoort. Foto ter illustrasie/Wikimedia Commons
n Griekse diplomatieke paspoort. Foto ter illustrasie/Wikimedia Commons

Van Namibië na Duitsland met vervalste paspoorte

Katharina Moser

Twee mans wat uit Namibië in Duitsland geland het, is by die lughawe in München betrap met vervalste diplomatieke paspoorte.

Volgens die Duitse uitsaaier Bayerischer Rundfunk (BR) is die mans Irakse burgers. Die Duitse federale polisie het berig die mans het met hul aankoms uit Windhoek Griekse diplomatieke paspoorte voorgehou het wat “professioneel vervals” was, volgens BR.

Die twee 28-jariges wou Duitsland Dinsdag binnekom op ’n vlug uit Namibië en daarna verder na Griekeland reis. By die doeanepunt het hulle die paspoorte gewys en glo beweer dat hulle Griekse diplomate is toe beamptes onreëlmatighede in die dokumente opgemerk het. Spesialiste van die Duitse federale polisie het die paspoorte ondersoek en die vermoede bevestig dat dit vervalsings is.

Die mans is deur die polisie ondervra waartydens hulle volgens die polisie, erken het dat hulle Irakse burgers is. Albei het intussen aansoeke om asiel ingedien. Totdat ’n besluit oor hul aansoeke geneem is, moet die twee in die lughawe se transito-fasiliteit bly, lui die berig van BR.

– [email protected]



Kommentaar

Republikein 2026-11-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer