Phala Phala-trio se verhoor begin in Mei 2025
Die verhoor van die drie beskuldigdes met Namibiese bande wat teregstaan weens die beweerde diefstal van Amerikaanse dollars op die Phala Phala-wildplaas van die Suid-Afrikaanse president, Cyril Ramaphosa, sal eers volgende jaar begin.
Die Namibiërs, Floriana Joseph (30) en haar 27-jarige broer Ndilinasho Joseph, en Imanuwela David (39),
het Dinsdag weer vlugtig in die streekhof in Modimolle in Limpopo verskyn. Hulle staan tereg op aanklagte van diefstal, huisbraak met die opset om te steel en sameswering om te steel.
David staan ook tereg op ’n aanklag van geldwassery, ingevolge die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad omdat hy na bewering van die geld wat gesteel is, gebruik het om ’n huis van bykans N$1 miljoen in Rustenburg te koop waar sy ma woon.
David is ’n Suid-Afrikaanse burger, maar het nabye familielede in Namibië. Hy het na bewering N$7 miljoen na Namibië gesmokkel toe hy op 12 Junie 2020 die Oranjerivier met ’n kano oorgesteek en die land onwettig binnegekom het.
Hy is twee dae later in Onafhanklikheidsrylaan in Windhoek in hegtenis geneem op aanklagte wat verband hou met die wet op immigrasiebeheer en die verontagsaming van Covid-19-inperkingsregulasies. David is nadat hy skuld beken het op aanklagte van immigrasiewet-oortredings, in November 2021 na Suid-Afrika gedeporteer.
Floriana Joseph, ’n voormalige tydelike huiswerker op Phala Phala, en haar broer is verlede jaar in hegtenis geneem waarna die drie beskuldigdes in die landdroshof in Bela-Bela verskyn het. Die Josephs is op borgtog vrygelaat, maar David, glo die baasbrein agter die rooftog, bly in aanhouding.
Hy en die twee Josephs het na bewering Amerikaanse dollarnote van US$580 000 in Februarie 2020 gesteel. Die note was glo versteek in rusbanke op Ramaphosa se wildplaas buite Bela- Bela in Limpopo.
Die saak is vroeër vanjaar na die streekhof in Modimolle oorgeplaas.
Hul verhoor sal in Mei volgende jaar aangehoor word. Volgens Suid-Afrikaanse media beoog die staat om 23 getuies te roep in die verhoor wat na verwagting drie weke sal duur.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie