Sergio Vigoa de la Uz, Kuba se ambassadeur na Namibië.
Foto Augetto Graig
Sergio Vigoa de la Uz, Kuba se ambassadeur na Namibië. Foto Augetto Graig

Optog Saterdag in solidariteit met Kuba

Kuba bring sy pleidooi binne dae weer na die VN
Augetto Graig


Kuba se ambassadeur in Namibië, Sergio Vigoa de la Uz, het ‘n beroep op Namibiërs gedoen om Saterdag in solidariteit met die land aan ‘n optog in Windhoek deel te neem. Die optog begin om 09:00 by die Augusto Neto Park.

De la Uz het in ‘n onderhoud met Network Media Hub (NMH) sy dankbaarheid uitgespreek teenoor Namibië en president Netumbo Nandi-Ndaitwah uitgespreek wat onlangs ‘n eenparige resolusie teen Amerika se ekonomiese sanksies teen die land ingeneem het en ook ‘n toespraak by die Verenigde Nasies (VN) te gunste van Kuba gelewer het.

De la Uz het die VSA se voortgesette sanksies as ‘n “stille volksmoord” teen Kuba beskryf wat in die volgende paar dae weer vir die opheffing van die inperking van Kubaanse handel opheffing gaan pleit wanneer dit ‘n verslag aan die VN se Algemene Vergadering sal voorlê.

Volgens hom is die doel sedert 1960 toe dit begin het om “

die ekonomie so te verswak om hongersnood en wanhoop te bring, en om die regering omver te werp”. Dit was verlede jaar die 32ste agtereenvolgende jaar dat die VN se Algemene Vergadering die resolusie oorweldigend ondersteun en aangeneem om dit op te hef. Moldawië het buite stemming gebly, 187 lande was ten gunste van die resolusie, terwyl net die VSA en Israel daarteen was. Die resolusie is egter nie afdwingbaar nie.

Volgens De la Uz gaan ondersteuning vir die resolusie vanjaar moeiliker wees omdat die “VSA aktief in die Algemene Vergadering is. Amerika plaas ekonomiese druk, veral op klein eilandstate in die Stille Oseaan, in die Karibiese Eilande en op kleiner lande in Afrika. As hulle net een of twee lande kan oortuig, sal dit 'n oorwinning vir hulle wees,” het hy gesê.

Kuba dien soos in die verlede ‘n ontleding van die impak op die land by die VN voor die stemmery in. Die dokument van 55 bladsye bevat geskatte syfers vir die tydperk tussen Maart 2024 en Februarie vanjaar en wel US$7,556 miljoen. Dit is gelykstaande aan US$862,568 per uur, en is 49% meer as oor dieselfde tydperk die vorige jaar. Bereken oor twee maande, is die verlies wat veroorsaak word deur die VSA se houding teenoor Kuba gelyk aan die koste van voedsel vir Kuba se hele bevolking vir 'n jaar, aldus De la Uz en die VN-dokument.

Kuba se bruto binnelandse produk (BBP) het volgens die ambassadeur teen 2024 met 9,2% gedaal as gevolg van die president Donald Trump se beleid van "maksimum druk. Trump het Kuba ook terug op Amerika se lys van state geplaas wat na bewering terrorisme finansier.

Volgens De la Uz word alle aspekte van die lewe in Kuba geraak en wat van medies tot toerisme insluit. Hy sê dit beteken 94 000 pasiënte in Kuba is op 'n waglys vir chirurgie, met die gesondheidsbedryf wat US$288 miljoen in verliese ly, onder andere as gevolg van die impak op 69% van die medisyne wat in Kuba gebruik word.

“Selfs wanneer ons kos van Amerika koop, moet ons vooruit en kontant betaal,” sê hy.

Kragvoorsiening hou slegs drie tot vier uur per dag, ten spyte van 'n lening van China wat die eiland se sonkrag-uitbreiding moontlik maak. Infrastruktuur ly onder beperkte onderdele en beperkings op insette. “Selfs hier in Namibië kan jy nie 'n transaksie van Kuba af doen nie, aangesien dit deur Europa gaan. Kuba het kommersiële betrekkinge met baie lande, maar dit is nie maklik nie. Vir alle verbruikers wat die VSA-gebaseerde SWIFT-stelsel gebruik, of vir maatskappye met belange in Amerika, is die vervolging 'n afskrikmiddel,” sê die ambassadeur.

“Die deur bly gesluit. Ons doen ons bes om kop bo water te hou, maar dit is nie maklik nie. Ons is 'n klein ekonomie en nie 'n groot land nie,” sê hy.

Kommentaar

Republikein 2025-10-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer