Turkse kundiges oor internasionale betrekkinge en die medialeiers uit Afrika het Donderdag in Istanboel die oorsprong, maar ook die toekoms van die internasionale (wan-)orde in ‘n  era van voortdurende krisis bespreek. Foto Ronelle Rademeyer
Turkse kundiges oor internasionale betrekkinge en die medialeiers uit Afrika het Donderdag in Istanboel die oorsprong, maar ook die toekoms van die internasionale (wan-)orde in ‘n era van voortdurende krisis bespreek. Foto Ronelle Rademeyer

Oekraïense konflik raak die hele wêreld

Kundiges bespreek uitdagings
Die wêreld bevind hom in konstante staat van krisis, en om orde te skep is nie 'n maklike taak nie, sê kenner van internasionale betrekkinge en die media.
Ronelle Rademeyer
Die wêreld bevind hom voortdurend in krisis. Toe die felheid van die pandemie afneem, was daar nie kans om tot verhaal te kom nie. Rusland se inval in Oekraïne het dadelik nuwe uitdagings vir die internasionale gemeenskap geskep.

Teen dié agtergrond het Turkse kundiges oor internasionale betrekkinge en die medialeiers uit Afrika Donderdag in Istanboel die oorsprong, maar ook die toekoms van die internasionale (wan-)orde in ‘n era van voortdurende krisis bespreek.

“Daar is 'n toenemende poging om orde in die internasionale stelsel te skep,” het prof. Kilic Bugra Kanat, die Washington-navorsingsdirekteur by die Seta-stigting, gesê.

"Wat in een land gebeur, bly nie tot daardie land beperk nie. Dit raak die wêreld," sê hy.

Prof. Ahmet Uysal, hoof van die Sentrum vir Midde-Oosterse Studies (Orsam) in Ankara, sê veel meer dui daarop dat die wêreld wanorde eerder as orde beleef.

Hy het verwys na die ontstuitbare invloed van sosiale media en die internet en dat dié met baie mag en geld soos Elon Musk, nou hierdie domein betree.

Hy het ook gesê om internasionale orde te weeg te bring, moet lande met hulself begin.

“Amerika is as supermoondheid nie ‘n goeie voorbeeld vir die wêreld nie, want sy eie huis is nie in orde nie”

Uysal het met verwysing na die konflik in Oekraïne gesê Rusland se optrede is onvergeeflik. Hy sê alles hang tans in die lug en die orde in die wêreld word deur die gebeure uitgedaag.

Kanat het verwys na die talle uitdagings wat wêreldorde bedreig, soos die handelsoorlog tussen Amerika en China. Verder het die konflik in die Oekraïne gewys die dae van konvensionele oorlogvoering is verby en hibriede oorloë sal die toekoms kenmerk.

Dit word nie net op die slagveld gevoer nie, maar behels ook inligtingsoorloë, kuberaanvalle, ‘n kommersiële aanslag en die bedreiging van kernaanvalle.

“Dit is die tipe konflikte wat ons al meer in die toekoms sal sien,” sê Kanat.

‘n Ander groot bedreiging vir wêreldorde is armoede en die klimaatkrisis. Hy sê klimaatvlugtelinge gaan in die toekoms toenemend ‘n wêreldverskynsel word as mense se leefruimtes deur klimaatrampe bedreig word en hulle elders moet gaan woon.

Hy het die hoop uitgespreek dat moeilike kwessies en uitdagings, soos die pandemie en klimaatkrisis, 'n les sal wees vir lande in die wêreld en die internasionale gemeenskap om die proses van hervorming in internasionale organisasies te begin.

Mnr. Feseha Yetagsu Manbegrot, uitvoerende hoof van die Ethiopian Broadcasting Corporation (EBC), het die media se rol in die huidige internasionale stelsel onderstreep.

Hy het gesê Afrika moet fokus op nasiebou deur die media en joernalistiek en gesê joernaliste moet fokus op joernalistiek wat oplossings bied, en maniere vind om vir mense 'n alternatiewe stem te gee, sodat hulle kan praat en hul belange die land moet lei."

Mnr. Buki Ponle, besturende direkteur van die Nuusagentskap van Nigerië (NAN), meen joernalistiek moet altyd streef na goeie orde en vrede in die internasionale arena.

’n Reeks kwessies is tydens die twee dae lange mediaberaad bespreek, insluitend post-pandemiese uitdagings in joernalistiek, joernalistiek onder digitale beleg en vroue in joernalistiek.

Onder die afgevaardigdes was 80 joernaliste uit 45 Afrikalande, Afrikadiplomate, Turkse regeringslui en lede van die burgerlike samelewing. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!