Die Bosporus-seestraat wat Istanboel in twee dele verdeel - 'n Europese en Asiese deel, verbind die Swartsee met die Middellandse See. Foto Ronelle Rademeyer
Die Bosporus-seestraat wat Istanboel in twee dele verdeel - 'n Europese en Asiese deel, verbind die Swartsee met die Middellandse See. Foto Ronelle Rademeyer

Baie vir Turkye op die spel

Wil bemiddel, nie kant kies in Russies-Oekraïnse-konflik
Turkye kry dit volgens 'n intelligensieverslag reg om sy Russiese en Oekraïense ekonomiese en politieke belange fyn te balanseer
Ronelle Rademeyer
Die verskuiwing van die magsbalans langs die Swart See se noordelike kus weens die krisis in Oekraïne, plaas die groter geopolitiek van dié streek in die soeklig.

Die Swartsee is die natuurlike buffer tussen die Slawiese wêreld in die noorde en Turkye in die suide. Terselfdertyd bied die Swartsee vir vaartuie van beide vir Rusland en Oekraïne ’n veilige deurgangsroete na die wêreld se vernaamste handelsroetes.

Hierlangs word miljoene ton koring, meel, sonneblomolie, sowel as ru-olie en ander handelsware na die Middellandse See verskeep, en van daar na plekke elders in die wêreld.

In die pypleidings op die bodem van die Swartsee word Russiese gas met TurkStream na Turkye en Suidoos-Europa gepomp.

Turkye se handelshoofstad, Istanboel, is nie alleen Europa se grootste metropool nie, maar lê ook aan weerskante van die Bosporus-seestraat waarlangs alle skepe en bote tussen die Middellandse See en die Swartsee beweeg.

Rusland beset die Krim-skiereiland sedert 2014 en Russiese troepe val nou die Oekraïne langs al groter dele van sy Swartsee-kus aan.

Dit beteken Rusland kan binnekort Turkye se enigste de facto buurland in die noorde wees. Die Kremlin is ook die bepalende militêre mag in Sirië, waarmee Turkye ’n grens van 900 kilometer na die suide deel, maan kundiges van die instansie Geopolitical Intelligence Services (GIS) in ’n intelligensieverslag.

“Beide Moskou en Ankara trap uiters versigtig, gesien Turkye se NAVO-lidmaatskap en die vele ander omstrede kwessies wat hulle verdeel. Tog bind byna ewe sterk gedeelde belange hulle saam.

“Vir Rusland is ongehinderde toegang tot die Middellandse See van fundamentele belang vir handel en om in die militêre behoeftes van sy magte wat in Sirië gestasioneer is, te voorsien,” lui die verslag.

Volgens GIS is Rusland en Oekraïne ewe belangrik vir Turkye. Turkse handel met Rusland en Oekraïne beloop saam sowat US$40 miljard per jaar beloop.

Turkse konstruksie-ondernemings alleen het sowat US$13 miljard jaarliks in albei lande verdien, blyk dit uit die GIS-verslag.

“Rusland en Oekraïne voorsien 80 persent van Turkye se koringinvoer en 65 persent van sy sonneblomolie-invoer.

“Verder besoek sowat 7 miljoen toeriste uit Rusland en Oekraïne Turkye jaarliks, wat 27 persent van dié land se totale buitelandse oornagverblyf verteenwoordig,” lui die verslag.

Die Russiese uraankorporasie, Rosatom, bou tans Turkye se eerste kernkragstasie wat volgende jaar in gebruik sal wees.

Nog ‘n bewys dat Turkye sy Russiese en Oekraïense ekonomiese en politieke belange balanseer, is dat hy sy hoogs doeltreffende Bayraktar-hommeltuie aan die Oekraïne verkoop, maar terselfdertyd die S-400 lugafweerstelsel by die Russe gekoop, sê GIS.

Tog het hierdie radikale pragmatisme Turkye nie verhinder om in Maart die eerste bemiddelaar tussen die strydende partye te word nie.

Ná die uitbreking van oorlog op 24 Februarie het Turkye Rusland se inval veroordeel, maar andersins neutraal gebly.

Volgens die verslag is die trilaterale vergadering van die ministers van buitelandse sake van Turkye, Rusland en Oekraïne op10 Maart 2022, gevolg deur verdere direkte samesprekings in Istanboel aan die einde van Maart, is ’n bevestiging van Turkye se ongeskonde verhouding met beide kante.

Dié intelligensieverslag maan ten slotte langdurige konflik in Oekraïner sal wêreldhandel knou en wêreldwyd rykdom verminder.

Dit kan pogings bemoeilik om die gevolge van aardverwarming in toom te hou, wat verdere spanning en gesondheidsgevare (byvoorbeeld ’n toename in steenkoolverbruik) in lande tot gevolg het.

Verder kan hongersnood terugkeer en ondraaglike druk op lande in veral Noord-Afrika en die Midde-Ooste plaas, sê die kundiges in die verslag. [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 14° | 33° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 19° | 33° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 15° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:06, High tide: 04:02, Low Tide: 22:18, High tide: 16:30 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 04:00, Low Tide: 22:16, High tide: 16:28 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 03:59, Low Tide: 22:16, High tide: 16:27 Rehoboth: 18° | 30° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 12° | 22° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 10° | 18° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 15° | 28° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 11° | 22° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 17° | 31° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 13° | 16° Durban: 20° | 33° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.07 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.46 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.79 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1429.05 | USD to ZAR 18.49 | USD to ZMW 27.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 346.25/OZ UP +1.62% | Copper US$ 4.57/lb UP +1.44% | Zinc US$ 2 927.50/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 84.65/BBP UP +0.43% | Platinum US$ 982.63/OZ UP +0.86% Sport results: Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 14° | 33° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 19° | 33° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 15° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:06, High tide: 04:02, Low Tide: 22:18, High tide: 16:30 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 04:00, Low Tide: 22:16, High tide: 16:28 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 03:59, Low Tide: 22:16, High tide: 16:27 Rehoboth: 18° | 30° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 12° | 22° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 10° | 18° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 15° | 28° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 11° | 22° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 17° | 31° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 13° | 16° Durban: 20° | 33° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.07 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.46 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.79 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1429.05 | USD to ZAR 18.49 | USD to ZMW 27.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 346.25/OZ UP +1.62% | Copper US$ 4.57/lb UP +1.44% | Zinc US$ 2 927.50/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 84.65/BBP UP +0.43% | Platinum US$ 982.63/OZ UP +0.86%