Amerika: 'Rooi golf' realiseer nie
Die sogenaamde “rooi golf” waarop Republikeine soos oudpres. Donald Trump in Dinsdag se middeltermynverkiesing gehoop het, het nie gerealiseer nie.
John Fetterman, Demokraat van Pennsilvanië, het in die stryd teen die bekende TV-dokter en Republikein Mehmet Oz in dié deelstaat se verkiesing van ’n nuwe senator geseëvier. Dit swaai dié staat van Republikeinse verteenwoordiging in die senaat na Demokratiese verteenwoordiging.
Albei partye het hoëprofiel-oorwinnings in die verkiesing van goewerneurs en senatore behaal, maar ná een van die taaiste verkiesings in die onlangse geskiedenis, is die party wat die huis van verteenwoordigers en die senaat gaan beheer teen Woensdagoggend nog onseker.
Demokrate soos Abigail Spanberger van Virginië en Chris Pappas van New Hampshire het hul setels in die huis van verteenwoordigers behou, berig Associated Press.
Seth Magaziner het in die diepblou Rhode Island gewen en ’n setel vir die Demokrate in die huis behou.
Kiesers het nie net vir verteenwoordigers in die huis en senatore gestem nie, maar ook vir 36 goewerneurskappe en ’n verskeidenheid van belangrike staatsposisies. Hul keuses kan ’n deurslaggewende impak hê op die res van Joe Biden se presidentskap.
Vrese van ’n ineenstorting van Demokratiese steun is egter ongegrond nadat die stryd om die goewerneurskap in New York en Pennsilvanië, ’n setel in die huis van verteenwoordigers in Rhode Island en ’n stryd om senator in Colorado en Washington reeds almal na Demokratiese kandidate gegaan het.
Die Demokrate het ook beter as verwag in Texas gevaar waar Demokratiese kandidate twee van die drie betwiste setels in die huis van verteenwoordigers gewen het.
Die Republikeine het wel in Florida geseëvier. In Ohio het die Republikein J.D. Vance sy Demokratiese teenstander, Tim Ryan, deurslaggewend verslaan en is tot senator verkies. Maura Healey, Demokraat, is ook as die eerste vroulike goewerneur van Massachusetts verkies. Sy is ook Amerika se eerste openlike gay goewerneur. Sarah Huckabee Sanders, Withuis-woordvoerder tydens die presidentskap van Donald Trump, is as die goewerneur van Arkansas verkies. – Netwerk24/New York Times/Reuters/Associated Press

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie