Aandeelhouers sleep Paladin hof toe
Deursigtigheid van Langer Heinrich se produksie uitgedaag
Ondanks vooruitsigte dat die uraanmyn tot 4,5 miljoen pond uraankonsentraat vir die 2025-boekjaar sou lewer, was die produksiesyfer aansienlik laer.
Die eienaars van die Langer Heinrich-uraanmyn, Paladin Energies, staar ’n klasaksie in die gesig met aandeelhouers wat in die Victoria-hooggeregshof in Australië aandring dat laer produksiesyfers verlede jaar vroeër bekend gemaak moes wees.
Ian Weatherlake het die hofsaak op 16 April namens sy familietrust aanhangig gemaak, met die Australiese regsfirma, Slater & Gordon, wat hom verteenwoordig.
Die regsfirma nooi tans ander aandeelhouers uit om by die klasaksie aan te sluit, solank hulle tussen 27 Junie en 11 November 2024 in Paladin-aandele handel gedryf het.
Paladin het tot einde vandeesweek om kennis te gee dat hulle die saak gaan teenstaan, indien die maatskappy in Victoria deur die hof genader word, of tot 42 dae as dit elders onder Paladin se aandag gebring word.
Na bewering het Paladin misleidende stellings gemaak en sy deurlopende openbaarmakingsverpligtinge as ’n genoteerde maatskappy op die Australiese aandelebeurs (ASX) tussen 27 Junie 2024 en 11 November 2024 nie nagekom nie. Die maatskappy het gevolglik glo tersaaklike bepalings van die Australiese Wet op Korporasies van 2001 en die Wet op die Australiese Sekuriteits- en Beleggingskommissie (ASIC) van 2001 oortree.
As gevolg van dié optrede het beleggers na bewering meer vir aandele in Paladin betaal as wat die geval sou gewees het as die maatskappy sy verpligtinge nagekom het.
Alternatiewelik beweer die klasaksie dat sommige groeplede nie aandele in Paladin sou gekoop het as die beweerde oortreding nie plaasgevind het nie.
Daar word spesifiek verwys na Paladin se verklaring op 27 Junie 2024 waarin verwagte produksiesyfers tussen 4 en 4,5 miljoen pond uraankonsentraat vir die 2025-boekjaar gemeld word.
Paladin het nie enigsins dié Junie-vooruitsig voor 12 November onttrek nie, volgens die hofdokumente.
Ten spyte daarvan dat Paladin dieselfde produksiesyfers aan beleggers bevestig het in ’n kwartaalverslag gedateer 22 Julie en in ’n verklaring van 5 Augustus verlede jaar, was die mynmaatskappy se kwartaallikse produksieresultate, wat in Oktober uitgereik is, onder verwagting.
In ’n verklaring van 12 November 2024 het Paladin glo aangekondig dat 0,826 miljoen pond uraankonsentraat teen einde Oktober 2024 vervaardig is, en dat uitdagings vir die verwagte verhoogde produksie ervaar is, insluitend wateronderbrekings.
Die verwagte produksie vir die boekjaar 2025 is daarin tot tussen 3 en 3,6 miljoen pond uraankonsentraat verlaag.
AANDEELPRYSE VAL
Slater & Gordon het gesê dit het veroorsaak dat die prys van Paladin se aandele ná die November-aankondiging met 15% gedaal het.
Weatherlake en sy mede-eisers beweer Paladin het reeds op 5 Junie geweet dat insette na die verwerkingsaanleg van verskillende voorraad en teen ’n laer gehalte gebruik word, wat die produksie van uraankonsentraat negatief beïnvloed het.
Die impak van watertekorte weens die droogte in die land was reeds teen 25 Julie bekend aan Paladin asook ander produksievertragings, maar dit is nooit openbaar gemaak nie, volgens die eisers.
Teen 27 Junie 2024 het Paladin geweet die myn sou nie die 4 to 4,5 miljoen pond uraankonsentraat vir die boekjaar haal nie, volgens die hofstukke.
Paladin se uitvoerende hoof, Ian Purdy, word saam met die maatskappy se raadslede in die hofstukke genoem, saam met Langer Heinrich se besturende direkteur, Johan Roux.
Pogings om kommentaar by Roux vanaf die mynkantoor in die Erongostreek te kry, was onsuksesvol.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie