Windhoek wil informele nedersettings verminder
Geteikende lewering aan kwesbare inwoners
Die huise wat onder die informele opgraderingsprogram gelewer is, bied veilige behuising vir sowat 2 600 inwoners.
Stad Windhoek (CoW) sê die munisipaliteit het meer as 520 huise aan inwoners gelewer as deel van sy opgraderingsprogram vir informele nedersettings, met nog duisende inwoners wat na verwagting sal baat vind by nuut gedienste grond en formele hervestigingsprosesse.
Die aankondiging is Woensdag tydens ’n konsultasievergadering gemaak, wat met verteenwoordigers van die Windhoek Wes- en Oos-gemeenskappe, sowel as die Windhoek Tarief- en Belastingbetalersvereniging gehou is.
Volgens die munisipaliteit bied die huise wat onder die informele opgraderingsprogram gelewer is, veilige behuising aan ongeveer 2 600 inwoners, terwyl agt bykomende huise deur die raad se interne behuisingsprogram voltooi is.
Alhoewel die getal beskeie is, sê die munisipaliteit laasgenoemde inisiatief is van kritieke belang om geteikende lewering aan kwesbare inwoners te handhaaf, wat nie deur nasionale programme gedek word nie.
Op die gebied van grondvoorsiening is ook beduidende vordering gemaak in beide opmeting en die verklaring van nedersettings.
Die munisipaliteit het bevestig ses nuwe dorpsgebiede is die afgelope jaar geproklameer. Dit sluit in vier ontwikkelings waar die grond wat voorheen vir nywerheids- of kommersiële doeleindes gebruik is, herontwikkeling gaan word (brownfield developments) en is daarop gemik om reeds gevestigde gebiede in die stad se formele beplanningsraamwerk te integreer.
Benewens dié pogings is dienste na 473 erwe op onontwikkelde grond (greenfield locations) aangelê, wat deel vorm van ’n breër plan om grond vir residensiële ontwikkeling oop te stel.
In Groot Aub, wat nou deel is van CoW se administratiewe grens, is 646 erwe opgemeet en 636 is met bakens aangedui. Die munisipaliteit sê dat dit ’n sleutelkomponent vorm van pogings om gebiede wat histories op die munisipale grens geleë is, in pas met Windhoek se omvattende ontwikkelingsplanne te bring. Dit sal inwoners in staat stel om verblyfreg te verseker en uiteindelik voordeel uit formele dienste te trek.
Verdere werk met betrekking tot die omvang, waarde en eienaarskap van grond (veral vir belastingdoeleindes) is voltooi in Khomasdal-uitbreidings en in gebiede soos Havana Uitbreiding 8, waar meer as 250 erwe formeel opgemeet is.
Die munisipaliteit het ook verskeie vennootskappe aangegaan om dienslewering te versnel. Dit sluit in ’n Memorandum van Verstandhouding (MoU’s) wat elk met die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling, die Nasionale Behuisingsonderneming (NHE), die Khomas-streekraad en die Nasionale Behuisingsaksiegroep onderteken is.
Die vennootskappe fokus op die samevoeging van hulpbronne en om mandate vaartbelyn te maak om duplisering in gronddienste, die lewering van maatskaplike behuising en hervestigingbeplanning te vermy.
Wat hervestiging betref, het die munisipaliteit vorderingsdata gedeel vir verskeie informele nedersettings wat formalisering of hervestiging ondergaan. In die Ghanzi-gebied van Otjomuise is 94% van die inwoners nou suksesvol hervestig.
In die Mix-nedersetting Uitbreiding 1 is byna 88% van die geteikende huishoudings na veiliger liggings verskuif, terwyl in Okatunda, erf 2315, is ’n hervestigingskoers van 91% behaal. Pogings duur voort in ander gebiede met vloedgevaar soos Farm 1008 en dele van Havana Uitbreidings 8 en 11 naby die Peter Nanyemba-pad.
Munisipale amptenare sê die hoofstad se geografiese groei en ingrypings met behuising word gelei deur die stedelike struktuurplan, wat ten doel het om te verseker dat die uitbreiding in ooreenstemming is met basiese dienste en wettige verblyfreg.
Terwyl die vraag na grond in Windhoek steeds die aanbod oorskry, het die munisipaliteit gesê sy opgegradeerde prosesse vir die stigting van nedersettings, tesame met nasionale vennootskappe, sal meer sigbare resultate in die komende finansiële periodes begin toon.
Die munisipaliteit het erken grondlewering bly ’n polities-sensitiewe en dringende maatskaplike kwessie bly, maar het beklemtoon dat dit binne tegniese, wetlike en begrotingsbeperkings werk.
Die munisipaliteit het verder bevestig dat die konsep- stedelike struktuurplan later vandeesmaand met inwoners gedeel sal word, wat deel vorm van ’n breër konsultasieproses om die hoofstad se toekomstige voetspoor te vorm.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie