Tans staan nasionale damvlakke op gemiddeld 65,5%. FOTO ARGIEF
Tans staan nasionale damvlakke op gemiddeld 65,5%. FOTO ARGIEF

Windhoek-akwifer sterk benut

Von Bachdam staan tans op 20,9%
Terwyl 'n El Niño-jaar voorspel word en damvlakke heelwat laer is as dieselfde tyd verlede jaar, behoort die hoofstad erns daarvan te maak om water te bespaar.
Elvira Hattingh,Ellanie Smit
Windhoekers behoort ernstige pogings aan te wend om minstens 10% water te bespaar, terwyl damme in die sentrale dele van die land gemiddeld net sowat 35,1% water oorhet, ’n El Niño-jaar voorspel word en daar tans reeds sterk staatgemaak word op die hoofstad se ondergrondse akwifer.

Dit terwyl damme in die sentrale dele van die land dieselfde tyd verlede jaar gemiddeld nog sowat 55,8% water oorgehad het. Tans staan nasionale damvlakke op gemiddeld 65,5%, teenoor 79,3% dieselfde tyd verlede jaar.

AKWIFER

Water uit Windhoek se akwifer word die afgelope twee maande sterk benut, met die ondergrondse waterbron wat volgens kenners redelik vol of naby aan vol is.

Volgens inligting uit die onlangse slypskool vir watervoorsiening in die sentrale dele van die land, stem die akwifer se vlakke tans ooreen met dié van 2011 en die 1950’s en is dit deels te danke aan die munisipaliteit se projek om gesuiwerde water in die akwifer in te pomp tydens jare wanneer water volop is.

“Dis ’n baie gunstige situasie. Terselfdertyd is ons nie seker wat om te verwag as ons aanhou om die akwifer so sterk te benut nie. Dit is ’n nuwe manier van doen en ons is algaande besig om te leer.

“Ons glo egter die akwifer kan ons help om deur die volgende twee reënseisoene te kom,” het ’n ingeligte bron in die munisipaliteit aan Republikein gesê.

Die watervoorsieningsplan vir die komende twee reënseisoene is dat die hoofstad se akwifer oor die komende jaar sowat 8,5 miljoen kubieke meter (m3) water aan die hoofstad moet verskaf, terwyl die hoofstad deur waterherwinning ’n verdere 5,84 miljoen m3 moet voorsien en NamWater 10,16 miljoen m3 uit hul damme en ander projekte.

TWEE SEISOENE

Die plan is in Mei vanjaar tydens die slypskool vir watervoorsiening in die sentrale dele van die land aanvaar.

Hierdie plan is slegs volhoubaar vir die komende twee reënseisoene en aanpassings sal gemaak word, sou die situasie verbeter of versleg.

“Dit kom daarop neer dat ons van Windhoekers verwag om net sowat 24,5 miljoen m3 water te gebruik.

“Daarmee saam moet inwoners van die hoofstad 10% water bespaar. Die gedagte is dat as dié waterbesparingsyfer realiseer, sal ons dit teen die wateronttrekking uit ons boorgate wil ‘verreken’. Die akwifer is vir noodsituasies ontwikkel,” het die bron verduidelik.

Die plan vir watervoorsiening word ontwikkel om te kan oorleef asof daar geen toevloei van water na sentrale damme tydens die komende reënseisoen sal wees nie.

Rolspelers soos NamWater en die Windhoekse munisipaliteit evalueer egter die situasie soos dit reën of as dit vererger en pas dit onmiddellik aan.

“Alles hang eindelik van die reën af en hierdie plan bly in plek tot die situasie noemenswaardig verander,” het die bron gesê.

DAMVLAKKE

Intussen het damvlakke aansienlik gedaal sedert verlede jaar dieselfde tyd, met die Swakoppoortdam wat tans 62,8% water oorhet, die Von Bachdam 20,9% en die Omatakodam wat leeg is.

Dié drie damme voorsien Windhoek en die sentrale dele van die land van water.

Die Suide se damme is nou gemiddeld 73,4% vol teenoor verlede seisoen se 88%. In die Ooste staan damvlakke op ’n gemiddeld van net 7,1% - heelwat minder as dieselfde tyd verlede jaar toe dit 21,2% vol was.

Terselftertyd waarsku weerkenners dat El Niño in die verlede met rekordhittes en droogtes in somerreëngebiede in Suider-Afrika vereenselwig word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-13

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 16° | 32° Rundu: 16° | 32° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 18° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 16° | 30° Windhoek: 13° | 26° Gobabis: 14° | 26° Henties Bay: 15° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:49, High tide: 06:50, Low Tide: 01:42, High tide: 19:35 Swakopmund: 15° | 19° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:48, Low Tide: 01:40, High tide: 19:33 Walvis Bay: 15° | 29° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:47, Low Tide: 01:40, High tide: 19:32 Rehoboth: 15° | 28° Mariental: 17° | 30° Keetmanshoop: 21° | 31° Aranos: 17° | 29° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 28° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 14° | 28° Mbabane: 13° | 21° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 13° | 26° Cape Town: 17° | 24° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 14° | 21° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 16° | 27° Harare: 13° | 25° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.8 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.36 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.57 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.97 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47 | USD to KES 130.23 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.36 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25155.92 Down -3.26% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.00/OZ DOWN -0.01 | Copper US$ 4.73/lb UP +2.62% | Zinc US$ 3 017.00/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 83.88/BBP UP +1.04% | Platinum US$ 1 000.64/OZ UP +0.75% Sport results: Premier League: Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 16° | 32° Rundu: 16° | 32° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 18° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 16° | 30° Windhoek: 13° | 26° Gobabis: 14° | 26° Henties Bay: 15° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:49, High tide: 06:50, Low Tide: 01:42, High tide: 19:35 Swakopmund: 15° | 19° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:48, Low Tide: 01:40, High tide: 19:33 Walvis Bay: 15° | 29° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:47, Low Tide: 01:40, High tide: 19:32 Rehoboth: 15° | 28° Mariental: 17° | 30° Keetmanshoop: 21° | 31° Aranos: 17° | 29° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 28° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 14° | 28° Mbabane: 13° | 21° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 13° | 26° Cape Town: 17° | 24° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 14° | 21° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 16° | 27° Harare: 13° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.8 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.36 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.57 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.97 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47 | USD to KES 130.23 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.36 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25155.92 Down -3.26% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.00/OZ DOWN -0.01 | Copper US$ 4.73/lb UP +2.62% | Zinc US$ 3 017.00/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 83.88/BBP UP +1.04% | Platinum US$ 1 000.64/OZ UP +0.75%