Waterpark-droom loop droog

Massiewe ontwikkeling in Rocky Crest val plat
Windhoek munisipaliteit blok herverkoop van grond om pad en Natis sentrum te bou
Augetto Graig
Die ambisieuse visie van die plaaslike entrepreneur mnr. Roland Donovan Jacobs om ’n twintig hektaar waterspeelpark in Windhoek se Rocky Crest woonbuurt te bou, het ’n dooiepunt bereik.

Die stuk grond ter waarde van N$80 miljoen is op die spel vir die sakeman bekend vir sy Streethouse handelsmerk wat klerasiekettingwinkels en kinderpretpersele oor die land heen bedryf.

Nadat die Windhoek munisipaliteit in 2016 tien hektaar vir N$10,3 miljoen vir dié projek verkoop het, en die volgende tien hektaar bedoel vir fase 2 van die projek toegeken het, is die ontwikkeling deur die ekonomiese resessie en die verlengde droogte belemmer, sê Jacobs.

Volgens hom wil banke sedert die uitbreking van Covid-19 en die inperkings eenvoudig nie vir vermaakbedrywighede geld uitleen nie. Bank Windhoek het reeds laas jaar kennis gegee dat hy die verband op die grond sal herroep as terugbetaling nie op datum gebring word nie.

Volgens dokumentasie van die mees onlangse stadsraadvergadering het Jacobs verbande van altesaam N$24 miljoen op die eiendom uitgeneem.

Die stadsraad het vroeër die maand geweier om sy streng voorwaardes op die herverkoop van die grond te verslap, wat aandring dat grootmaat diensinfrastruktuur eers geïnstalleer moet word. Volgens die munisipaliteit was die grond binne die bepalings van sy beleid oor spesiale projekte sonder ’n tender toegeken.

In 2008 het Streethouse Entertainment aansoek gedoen om grond van 20 hektaar, suidoos van Rocky Crest Uitbreiding 8, vir ’n pret- en ontspanningspark te koop. Finale goedkeuring is in 2013 gegee en die koopakte is in 2015 onderteken.

Jacobs sê die titelakte is eers in Mei 2016 oorgedra, maar vanaf die tekendatum moes hy reeds N$638 000 rente betaal. Hy moes toe aan finansierders bewys dat sy konsep kan werk en hy het kleiner pretparke op Okahandja, Swakopmund en by Maerua Mall in Windhoek gevestig.

Tot nou het hy reeds meer as N$10 miljoen van sy eie geld ook tot die ontwikkeling van die Streethouse Familiepretpark bestee, sê hy. Samewerking met verskeie vennote vanaf Kanada, Suid-Afrika en plaaslike kundiges het intussen gekom en gegaan.

“Toe ek in 2006 begin het, was die kosteberekening US$20 miljoen, wat sowat N$150 miljoen was. Sedertdien met die wisselkoers het die koste die hoogte ingeklim.

“Op Okahandja het ons N$12 miljoen belê om die konsep te toets – deur die aanbreek van die resessie – maar met Covid moes ons finaal toemaak,” vertel hy.

WYSIGINGS WORD AFGEKEUR

Weens die intensiewe waterbehoefte is die beplande park in 2017 hersien en verklein weens ’n tekort aan toevoer by die perseel. Verder is in 2019 voorgestel dat 50% van die grond vir behuising ontwikkel word. Op 27 Mei 2021 het die Paaieowerheid vir Jacobs genader met ’n voorstel om die grond te koop om ’n nuwe NaTis-sentrum en ’n nuwe verbindingspad tussen Rocky Crest en Pionierspark daar te bou.

Ten spyte dat die aanleg van grootmaatdienste hierby aangepas sou word, staan die munisipaliteit die transaksie teen.

“Ons het hulle die betaling van die 20% boete aangebied, omdat geen grootmaatdiensing gedoen is nie, maar hulle weier,” sê hy.

Voorwaardes geld vir spesiale projekte om spekulering te voorkom en te verseker dat die grond wel vir sy voorgenome doel as ’n spesiale projek ontwikkel word, sê die munisipaliteit.

In verskeie interne vergaderings om die ontwikkeling te bespreek, het die destydse waarnemende uitvoerende hoof me. Jennifer Comalie gesê die munisipaliteit sou verantwoordelik word vir die verbande as die grond teruggevat word.

Reeds in 2020 het mnr. Fillemon Hambuda gesê die stadsraad wil foute vermy soos die bekende Hilton-transaksie, toe wat grond teen afslag beskikbaar gestel is vir groot wins deur ontwikkelaars herverkoop is.

Jacobs sê egter soortgelyke foute word steeds begaan. “Dit hang seker af van wie jy is. Ek het vir my grond betaal, maar aan baie van my bure is groot stukke grond toegeken, sonder dat hulle al ooit ’n sent betaal het.

“Ek dring daarop aan die munisipaliteit al die kontrakte in Rocky Crest ontbloot. Só sal ons sien wat vir die een geld, word nie vir almal toegepas nie,” sê hy.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-13

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 16° | 32° Rundu: 16° | 32° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 18° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 16° | 30° Windhoek: 13° | 26° Gobabis: 14° | 26° Henties Bay: 15° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:49, High tide: 06:50, Low Tide: 01:42, High tide: 19:35 Swakopmund: 15° | 19° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:48, Low Tide: 01:40, High tide: 19:33 Walvis Bay: 15° | 29° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:47, Low Tide: 01:40, High tide: 19:32 Rehoboth: 15° | 28° Mariental: 17° | 30° Keetmanshoop: 21° | 31° Aranos: 17° | 29° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 28° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 14° | 28° Mbabane: 13° | 21° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 13° | 26° Cape Town: 17° | 24° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 14° | 21° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 16° | 27° Harare: 13° | 25° Currency: GBP to NAD 22.97 | EUR to NAD 19.78 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.35 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.57 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.94 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 46.98 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.35 | USD to ZMW 25.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 339.88/OZ DOWN -0.0087 | Copper US$ 4.67/lb UP +1.30% | Zinc US$ 2 966.90/T UP 0.36% | Brent Crude Oil US$ 83.62/BBP UP +0.72% | Platinum US$ 997.08/OZ UP +0.39% Sport results: Premier League: Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 16° | 32° Rundu: 16° | 32° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 18° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 16° | 30° Windhoek: 13° | 26° Gobabis: 14° | 26° Henties Bay: 15° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:49, High tide: 06:50, Low Tide: 01:42, High tide: 19:35 Swakopmund: 15° | 19° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:48, Low Tide: 01:40, High tide: 19:33 Walvis Bay: 15° | 29° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:47, Low Tide: 01:40, High tide: 19:32 Rehoboth: 15° | 28° Mariental: 17° | 30° Keetmanshoop: 21° | 31° Aranos: 17° | 29° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 28° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 14° | 28° Mbabane: 13° | 21° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 13° | 26° Cape Town: 17° | 24° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 14° | 21° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 16° | 27° Harare: 13° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.97 | EUR to NAD 19.78 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.35 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.57 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.94 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 46.98 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.35 | USD to ZMW 25.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 339.88/OZ DOWN -0.0087 | Copper US$ 4.67/lb UP +1.30% | Zinc US$ 2 966.90/T UP 0.36% | Brent Crude Oil US$ 83.62/BBP UP +0.72% | Platinum US$ 997.08/OZ UP +0.39%