No Image Caption

Wateronderbrekings in Klein Windhoek, Olympia

Frank Steffen
Inwoners in Klein Windhoek en Olympia word herinner aan die openbare kennisgewing wat deur die Windhoek munisipaliteit uitgereik is oor onderbrekings in die munisipale watertoevoer.

Gister is die verspreidingsnetwerk op die hoek van Schanzenweg en Nelson Mandelarylaan deur die vervanging van waterkleppe geraak, en dié werk word tans voltooi.

Intussen word vanoggend (17 Julie) gewerk aan die hoofwateraansluiting op die hoek van Von Eckenbrecherstraat en Nelson Mandelarylaan, wat na verwagting tot 13:00 watertoevoer in dié area sal onderbreek.

Môre (18 Julie) word die watertoevoer geraak deur werk aan die aansluiting op die hoek van Eland- en Frank Fredericksstraat in Olympia, waar watertoevoer na verwagting van 08:00 tot 16:00 onderbreek sal word.

Inwoners word versoek om alternatiewe watervoorsieningreëlings te tref.

Kommentaar

Republikein 2025-05-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer