Die Afrika-Unie se Waterbeleggingsberaad 2025 het in Kaapstad, Suid-Afrika, plaasgevind het. Foto verskaf
Die Afrika-Unie se Waterbeleggingsberaad 2025 het in Kaapstad, Suid-Afrika, plaasgevind het. Foto verskaf

US$30 mjd. per jaar nodig vir Afrika se waterinfrastruktuur

Vernou beleggingsgaping
Leiers het beklemtoon die Waterberaad is 'n platform om finansiering te verseker en gelyke toegang tot water op die vasteland te bevorder.
Ellanie Smit
Leiers in Afrika doen 'n beroep op dringende en gekoördineerde belegging in waterinfrastruktuur en waarsku dat klimaatsverandering, bevolkingsgroei en verouderde stelsels wateronsekerheid oor die hele vasteland vererger.

Die minister van landbou, visserye, water en grondhervorming, Inge Zaamwani, het 'n toespraak namens president Netumbo Nandi-Ndaitwah gelewer by die Afrika-Unie (AU) se Waterbeleggingsberaad 2025, wat hierdie week in Kaapstad, Suid-Afrika, plaasgevind het.

Die konferensie, wat deur Suid-Afrika as deel van sy G20-presidentskap byeengeroep is en gesamentlik georganiseer is met die AU, die AU-ontwikkelingsagentskap en die AUnie-Afrika Waterbeleggingsprogram (AU-AIP) se Internasionale Hoëvlakpaneel oor Waterbeleggings, is daarop gemik om ten minste US$30 miljard per jaar te mobiliseer om Afrika se waterbeleggingsgaping te sluit.

Die konferensie het Afrika-staatshoofde, G20-verteenwoordigers, beleggers, ministers en ontwikkelingsinstellings byeeen gbring onder Suid-Afrika se G20-presidentskapstema van "Solidariteit, Gelykheid, Volhoubaarheid".

“Water is nie bloot 'n ontwikkelingssektor nie – dit is die bloedstroom van ons ekonomieë, die lewenslyn van ons gemeenskappe en die waarborg van ons voedsel-, gesondheids- en energiesekerheid,” het Zaamwani gesê.

Sy het gesê dat te veel gemeenskappe in Afrika steeds 'n tekort aan veilige drinkwater en voldoende sanitasie het.

“Te veel boere is steeds afhanklik van reënvallandbou en terselfdertyd het reënval al hoe meer onvoorspelbaar geword. Te veel nywerhede staar steeds bedryfsrisiko's in die gesig weens waterskaarste.”

Zaamwani het gesê dat sonder beslissende optrede, hierdie gapings sal vergroot onder die druk van klimaatsverandering, bevolkingsgroei en verstedeliking.

Volgens haar word watervoorsieningsekuriteit lank reeds as 'n strategiese nasionale prioriteit in Namibië erken.

Sy het gesê dat Namibië aansienlike beleggings vir waterinfrastruktuur verseker het, insluitend konsessiefinansiering van die Afrika-ontwikkelingsbank en Duitse ontwikkelingsbank, KfW.

Hierdie beleggings finansier projekte wat toegang uitbrei, veerkragtigheid versterk en verseker dat water 'n dryfveer van inklusiewe groei, ekonomiese stabiliteit en klimaatsaanpassing vir alle Namibiërs bly.

Vir hierdie finansiële jaar (2025-'26) het Namibië N$4,8 miljard uit sy nasionale begroting en konsessielenings van vennote soos die Afrika-ontwikkelingsbank en KfW vir water- en sanitasieprojekte toegeken.

“Ons bevorder ook openbare-private vennootskappe vir strategiese infrastruktuur, insluitend 'n nuwe ontsoutingsaanleg om beide mynbou- en huishoudelike behoeftes te bedien.”

Zaamwani het gesê dat die verwagte uitkomste van hierdie byeenkoms, van beleggingsbeloftes van miljarde dollars tot die inhuldiging van die Global Outlook Council on Water Investments, slegs betekenis sal hê as ons, as leiers, die implementering daarvan verseker.

“Afrika se toelating tot die G20 het ons 'n seldsame platform gegee om met een stem te praat. Laat ons daardie stem gebruik om water in die hart van die internasionale ontwikkelings- en klimaatagenda te plaas – nie as 'n agtergrondkwessie nie, maar as 'n strategiese dryfveer van gedeelde voorspoed.”

Kommentaar

Republikein 2025-08-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer