Tsumeb se watertarief op met 50%
'Sonder enige waarskuwing'
Die nuwe tariewe het reeds 1 Julie in werking getree en is op 30 Junie in die Staatskoerant aangekondig.
Tsumeb-inwoners is ontstoke oor ‘n stewige verhoging van 50% in hul watertarief wat glo sonder enige waarskuwing vooraf geïmplementeer is. Die nuwe tariewe het reeds 1 Julie in werking getree en is eers 30 Junie in die Staatskoerant bekend gemaak. ‘n Inwoner van die dorp wat op voorwaarde van anonimiteit met Republikein gepraat het, sê haar grootste beswaar is dat inwoners geen vooraf kennisgewing hieroor ontvang het nie, terwyl ‘n meer geleidelike verhoging beter sou wees.
“Die publiek is nie gekonsulteer nie en baie mense kan nie ‘n skielike 50%-verhoging bekostig nie,” het sy gesê. Vrae hieroor is gister aan die Tsumeb-munisipaliteit gerig, wat bevestig het dat watertariewe met 50% gestyg het. Die munisipaliteit het onderneem om nog op Republikein se vrae te beantwoord, maar teen druktyd is geen amptelike terugvoer ontvang nie.
VERGELYKINGS
Inwoners sê hulle verstaan dat hul watertarief heelwat goedkoper is as dié van naburige dorpe, maar meen dat so ‘n skielike prysverhoging moeilik is om te verwerk.
Tydens die besluitnemingsproses het munisipale bestuur vergelykings met byvoorbeeld Otavi se tariewe getref, waar water N$22,80 per m³ vir 1 tot 11 m³ kos. Daar is ook vergelykings met Otjiwarongo- en Grootfontein se watertariewe getref, wat ook hoër is. Tsumeb se water kos nou N$14,66 per m³ vir 1 tot 11 m³.
‘n Inwoner sê op navrae oor hoekom Tsumeb nie vroegtydig kennis gegee is oor die tariefverhogings nie, het munisipale werkers hul meegedeel dat die munisipaliteit personeeltekorte het en verskeie administratiewe oponthoude gehad het.
Die munisipaliteit het glo ook gesê dat die besluit nie meer heroorweeg kan word nie, mits Tsumeb-inwoners saamspan, petisies opstel en dit aan die relevante owerhede besorg.
“Ek is 70 jaar oud, ek kan nie petisies begin opstel nie. Al wat my te doen staan is om nou minder water te gebruik. Daar is mense wat dit nie kan bekostig nie,” het ‘n bejaarde inwoner gesê.
KENNISGEWING
Volgens ‘n munisipale kennisgewing is daar tydens die sesde spesiale bestuurskomitee- en dorpsraadvergadering op 7 Junie oor tariefverhogings beslis.
Volgens die kennisgewing, wat deur die munisipaliteit se uitvoerende hoof onderteken is, word waterverbruikerstariewe met 50% verhoog – dit geld ook vir nywerhede wat groot waterverbruikers is. Die basiese heffing vir water word ook met 5% verhoog.
Fooie vir bouplanne het met 5% toegeneem, terwyl ‘n heffing vir die dorp se brandweer nuut ingestel is. Hiervoor sal huishoudings N$9,66 per maand opdok, terwyl sakeondernemings N$34,10 sal moet betaal. Daar is ook ‘n nuwe heffing van N$3,50 vir die onderhoud van begraafplase ingestel. Tsumeb se laaste tariefverhogings was in die 2019-’20-boekjaar.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie