Tsumeb kort geld vir 'skoon water'
N$3 miljoen om nuwe aanleg te bedryf
Die nuwe aanleg moet die probleem van die voorsiening van onveilige drinkwater oplos waaraan inwoners reeds vir meer as drie jaar aan uitgelewer is.
Die Tsumeb-munisipaliteit het ten minste N$3 miljoen nodig om bedrywighede by hul nuut voltooide waterbehandelingsaanleg te begin. Die nuwe aanleg moet die probleem van die voorsiening van onveilige drinkwater oplos waaraan inwoners reeds vir meer as drie jaar aan uitgelewer is. Dit is na ‘n kabinetsbesluit teen ‘n koste van meer as N$30 miljoen gebou en is nog nie in werking nie, omdat die munisipaliteit N$3 miljoen nodig het om bedryfsuitgawes te dek.
Tsumeb se waarnemende uitvoerende hoof, Frans Enkali, het in ‘n onderhoud met Network Media Hub (NMH) gesê sodra die fondse in plek is, sal inwoners nie meer water hoef te kook of op koop nie. Dit is weens die bakteriële besmetting wat tans in die dorp se waterstelsel voorkom. Volgens Enkali het die konstruksie van die aanleg nie onder die plaaslike owerheid geval nie.
“Daar is 'n tekort van N$3 miljoen om dit te bedryf. Ons moet ook seker maak dat ons personeel by die kundiges leer hoe om dit te bedryf, nadat dit aan ons oorhandig is,” het hy gesê.
“Wat die tekort betref, het ons die betrokke ministeries genader sodat hulle ons met die fondse kan help. Eers dan sal ons weet wanneer die waterkwessie aangespreek sal word.”
GEFRUSTREERDE INWONERS
Inwoners van Tsumeb se frustrasie en woede het egter lankal breekpunt bereik met die munisipaliteit wat vir jare reeds nie skoon drinkwater kan verskaf nie.
“Die raad moet ernstig optree. Hulle het ons deur die media vertel dat die probleem aangespreek sal word, maar wat op die grond gebeur, is net 'n mislukking om skoon drinkwater aan ons te lewer,” het 'een gesê.
“Nadat ons miljoene aan die suiweringsaanleg bestee het, het niks positiefs daaruit gekom nie. Ons koop steeds water om te drink, om vir ons troeteldiere te kook en ons plante nat te maak. Die water uit ons krane is nie veilig nie,” sê die inwoner. Buiten vir die besoedelde water, was inwoners onlangs weer vir dae sonder enige water wat 'n ernstige gesondheidsrisiko skep.
“Ons gaan vir 'n dae sonder water, en daar word van ons verwag om te verstaan. Hulle versuim om die damme vol te maak en vertel vir ons die pompe is beskadig, maar die raad kan geld spandeer om voertuie aan te koop. Dienslewering behoort vir hulle belangriker te wees,” het 'n inwoner gesê.
Enkali het die gemeenskap se frustrasie erken, maar gesê inwoners word ingelig oor die situasie.
“Hulle hoor net 'n syfer. Ons het egter 'n verkrygingsproses en verantwoording moet vir alles gedoen word,” het gesê. Sy redes vir leë krane vir dae is kragonderbrekings en beskadigde waterpompe.
Volgens Enkali werk die kragaangedrewe waterpompe nie wanneer daar kragonderbrekings is nie. Dit verhoed dat damme en reservoirs nie water aan inwoners kan verskaf nie.
LEIERS EN STEUN
Verlede maand het beide die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Sankwasa James Sankwasa, en president Netumbo Nandi-Ndaitwah die dorp vir verskeie geleenthede besoek. Die waterkwessie is glo nie tydens hul besoek geopper nie.
Enkali het bevestig dat die munisipaliteit nie 'n formele versoek vir ondersteuning ingedien het om die nodige fondse te bekom nie, aangesien die besoeke nie daarmee verband gehou het nie. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie