TransNamib: Nuwe voertuie moet ‘inkomste verhoog’

Teen N$2 miljoen aangekoop
Die maatskappy het vroëer gesê die opskorting van sy 75%-subsidie van afgetredenes se mediesefondsbydraes sal hom maandeliks N$2 miljoen spaar.
Henriette Lamprecht
TransNamib se vloot van ses splinternuwe voertuie wat ook in die maatskappy se kentekens en kleure getooi is, is glo aangekoop om die maatskappy se bedryfskapasiteit en sodoende sy inkomste ’n hupstoot te gee.

Die maatskappy was onlangs in die nuus nadat werknemers se lidmaatskap van die Renaissance Health Medical Aid Fund (RMA) aanvanklik opgeskort is omdat TransNamib vir etlike maande nie lede se maandelikse premies betaal het nie. Afgetrede werknemers en hul afhanklikes is ook in kennis gestel dat TransNamib se maandelikse subsidie van 75% gestaak gaan word omdat die maatskappy “eenvoudig nie die geld het nie”. Die situasie is egter kort ná die opskorting van voordele deur TransNamib beredder nadat hy sowat N$3 miljoen oorbetaal het. Tans ontvang fondslede en huidige en afgetrede personeellede dekking tot 7 September – wanneer die volgende betaling verwag word.

Volgens TransNamib se bestuurder vir kommunikasie, Abigail Raubenheimer, is die bestelling vir die voertuie ter waarde van N$2 miljoen reeds nege maande gelede geplaas. Sy het beklemtoon die maatskappy was “totaal deursigtig” rakende die uitdagings wat hy met toerusting ervaar.

“Om ons kontantvloeiprobleme op te los, moet ons die maatskappy se inkomste verhoog. Gegewe ons deursigtigheid is dit duidelik dat die belegging lank reeds uitstaande is,” het Raubenheimer by navraag gesê. Volgens haar is TransNamib se bedrywighede ernstig geraak deur ’n gebrek aan voertuie tot die maatskappy se beskikking.

“Die verkryging van hierdie toerusting is slegs vir die doel om ons bedryfskapasiteit te verhoog en gevolglik ons inkomste. Dit sodat ons die lig aan die einde van die tonnel kan sien in terme van die generering van genoeg inkomste om ons uitgawes te dek.”

Die voertuie sal gebruik word deur TransNamib se bedryfsdepartement wat volgens Raubenheimer in die verlede weens ’n gebrek aan voertuie ernstig in terme van beweging beperk is.

“Dit sal ons help om meer doeltreffend te werk.”

Met verwysing na ander struikelblokke wat die maatskappy ervaar het, het sy gesê “dit was baie tydelik en het dadelik aandag geniet”.

Een van die pensioenarisse wat geraak sal word, sou TransNamib die subsidie van 75% opskort, sê dit beteken haar maandelikse paaiement gaan styg vanaf N$1 740 tot N$6 900. ’n Goedkoper plan is tans ook nie ’n opsie nie, omdat lede van mediese fondse eers teen jaareinde na ’n ander fondsplan kan oorskuif. Volgens die vrou kos die goedkoopste plan wat sy by ’n mediese fonds kan kry en steeds aan haar vereistes voldoen sowat N$5 300. Chroniese medikasie wat meer as gereeld bejaardes se voorland is, jaag haar maandeliks N$1 000 uit die sak.

“Pensioenarisse kan eenvoudig nie duisende vir ’n mediese fonds bekostig nie. Waar moet mense van ’n hoë ouderdom skielik daardie geld kry?”

TransNamib het vroeër gesê 387 pensioenarisse sal geraak word indien die 75% nie meer betaal word nie. Dit sal die maatskappy maandeliks meer as N$2 miljoen spaar. Afgetrede werknemers en hul afhanklikes se lidmaatskap word net opgehef as hulle dit so verkies.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 13° | 31° Rundu: 13° | 30° Eenhana: 17° | 32° Oshakati: 17° | 32° Ruacana: 18° | 32° Tsumeb: 15° | 28° Otjiwarongo: 13° | 27° Omaruru: 13° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 15° | 32° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 13:52, High tide: 07:51, Low Tide: 02:00, High tide: 20:47 Swakopmund: 17° | 24° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:49, Low Tide: 02:00, High tide: 20:45 Walvis Bay: 20° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:48, Low Tide: 02:00, High tide: 20:44 Rehoboth: 14° | 26° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 19° | 30° Aranos: 16° | 28° Lüderitz: 18° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 29° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 12° | 24° Maseru: 9° | 24° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 16° | 20° Durban: 17° | 26° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 16° | 26° Harare: 12° | 23° Currency: GBP to NAD 23.1 | EUR to NAD 19.88 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.38 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.86 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 46.8 | USD to KES 129.48 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.38 | USD to ZMW 25.21 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 357.57/OZ UP +0.82% | Copper US$ 4.87/lb UP +2.55% | Zinc US$ 3 006.00/T UP 0.27% | Brent Crude Oil US$ 83.15/BBP DOWN -0.0084 | Platinum US$ 1 037.87/OZ UP +3.65% Sport results: Premier League: Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 13° | 31° Rundu: 13° | 30° Eenhana: 17° | 32° Oshakati: 17° | 32° Ruacana: 18° | 32° Tsumeb: 15° | 28° Otjiwarongo: 13° | 27° Omaruru: 13° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 15° | 32° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 13:52, High tide: 07:51, Low Tide: 02:00, High tide: 20:47 Swakopmund: 17° | 24° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:49, Low Tide: 02:00, High tide: 20:45 Walvis Bay: 20° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:48, Low Tide: 02:00, High tide: 20:44 Rehoboth: 14° | 26° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 19° | 30° Aranos: 16° | 28° Lüderitz: 18° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 29° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 12° | 24° Maseru: 9° | 24° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 16° | 20° Durban: 17° | 26° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 16° | 26° Harare: 12° | 23° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.1 | EUR to NAD 19.88 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.38 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.86 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 46.8 | USD to KES 129.48 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.38 | USD to ZMW 25.21 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 357.57/OZ UP +0.82% | Copper US$ 4.87/lb UP +2.55% | Zinc US$ 3 006.00/T UP 0.27% | Brent Crude Oil US$ 83.15/BBP DOWN -0.0084 | Platinum US$ 1 037.87/OZ UP +3.65%