RFA skiet N$4,5 miljard te kort
Afhanklik van brandstofheffing
Namibië se padinfrastruktuur staar ’n groeiende finansiële krisis in die gesig, met die Padfondsadministrasie (RFA) wat ’n tekort van N$4,5 miljard aangemeld het, wat die volhoubaarheid van die nasionale padnetwerk bedreig.
Die uitvoerende hoof van die RFA, Ali Ipinge, het gesê die situasie weerspieël ’n “voortgesette historiese tendens van swak befondsingsvlakke” en waarsku dat dringende hervormings nodig is om die land se padinfrastruktuur te beskerm.
“As gevolg van inkomstebeperkings kon die RFA net N$3,7 miljard toeken, wat ’n tekort van N$4,5 miljard meegebring het.
“Gevolglik kon slegs 45% van die totale befondsingsbehoeftes nagekom word, wat die dringendheid vir alternatiewe finansieringsmeganismes en sterker samewerking van belanghebbendes beklemtoon om die nasionale padnetwerk te bewaar,” het hy gesê.
Vir die 2025-’26-boekjaar (1 April 2025 tot 31 Maart 2026) het goedgekeurde owerhede ’n gekonsolideerde befondsingsvereiste van N$8,2 miljard ingedien, waarvan die Paaieowerheid (RA) vir N$6,2 miljard (72,6%) verantwoordelik was.
Die RFA se inkomste kom hoofsaaklik uit padgebruikersheffings (RUC’s) vir die instandhouding en rehabilitasie van Namibië se paaie.
Die brandstofheffing, wat gehef word op elke liter petrol en diesel wat verkoop word, bly die hoofbron van inkomste en word direk deur brandstof-groothandelaars aan die RFA betaal. Om inkomste te verhoog en die gaping te verklein, het die RFA heffings periodiek hersien en aangepas.
In die 2024-’25-boekjaar het tariefverhogings onder meer ’n brandstofheffingverhoging van 45 sent per liter, ’n 20%-verhoging in oorgrens-, massa-afstand- en abnormale vragtariewe en ’n 10%-verhoging in padvervoerpermitte ingesluit.
Voertuigregistrasiegelde het onveranderd gebly. Die brandstofheffing is op 2 Oktober 2024 met 25 sent per liter verhoog en op 5 Maart 2025 met 20 sent per liter, wat dit op N$2,43 per liter te staan bring. Die totale inkomste sal na verwagting teen die 2026-’27-boekjaar N$4,2 miljard oorskry.
‘ERNSTIG ONDERBEFONDS’
Ten spyte van dié aanpassings het Ipinge gewaarsku dat instandhouding en rehabilitasie steeds ernstig onderbefonds word, wat geleidelike tot die agteruitgang van paaie lei.
“Op die lang termyn is dit nie volhoubaar om op jaarlikse verhogings in brandstofheffings staat te maak nie. Inkomstevolhoubaarheid bly ’n groot kommer as gevolg van ons afhanklikheid op die brandstofheffing.
“Om hierdie risiko te verminder, ondersoek ons alternatiewe en volhoubare inkomstebronne, insluitend tolhekke, afstandgebaseerde heffings en ’n moontlike heffing op elektriese voertuie,” het hy gesê.
Vragmotor- en vragvolumes bly steeds styg namate Namibië homself as ’n logistieke spilpunt posisioneer. Vir die boekjaar wat op 31 Maart 2024 geëindig het, het die RA N$2,1 miljard in brandstofheffings, N$185 miljoen in oorgrensheffings en N$47,6 miljoen in massa-afstandheffings vir buitelandse voertuie ingevorder.
Intussen waarsku die RA dat voortgesette onderbefondsing die agteruitgang van paaie versnel. Die geïntegreerde strategiese sakeplan (2022-’27) wys daarop dat 21% van die bitumen-oppervlakke op nasionale paaie nou ouer as 10 jaar is, wat onvoldoende beskerming en glyweerstand bied.
Gruispaaie is ook in ’n krisis: 49% word as swak tot baie swak geskat, met net 16% van die oppervlaklaag wat oorbly, wat die onderliggende rots blootlê en padveiligheid belemmer.
Volgens die padbestuurstelsel het die jaarlikse minimum- instandhoudingsvereistes tot N$3,9 miljard gestyg, maar die RFA kan net ongeveer N$2,8 miljard finansier, selfs met leningsfinansiering.
Die RA se sake- en finansiële plan (2024-’29) toon dat die RFA byna 99% van sy instandhoudingsbegroting van N$1,3 miljard dek, met die regering wat net N$15 miljoen bydra.
NASIONALE PROBLEEM
Die voormalige burgemeester van Lüderitz, Phil Balhao, het gesê munisipaliteite sukkel om paaie met onvoldoende fondse in stand te hou.
“Dit is duidelik sigbaar, aangesien die voorkoms van slaggate ’n nasionale probleem geword het.”
“Bykomende tariewe deur tolgeld vir swaar vragmotors en abnormale vragte sal help. Die RFA vorder tans slegs sowat 50% van die vereiste befondsing in. Dit is nie volhoubaar om op brandstofprysverhogings staat te maak nie.” het hy gesê.
In Walvisbaai, waar vragmotorvolumes toegeneem het, het die munisipaliteit, saam met die RA en RFA, ’n rehabilitasieprojek van N$400 miljoen van stapel gestuur, wat 17 sleutelroetes dek.
Burgemeester Trevino Forbes het gesê die vierjaarprojek, wat in 2024 begin het, dui op samewerking om die dorp se logistieke rol te ondersteun.
“Walvisbaai is ’n belangrike spilpunt vir streekhandel en vraglogistiek. Ons is daartoe verbind om te verseker dat ons paaie veilig, betroubaar en volhoubaar is,” het hy gesê.
Intussen duur herstel- en instandhoudingswerk op hoofroetes soos Nangolo Mbumbarylaan, Sam Nujomalaan en Hanna Mupetamiweg voort.
Logistieke kenner Mufaya Bruce Liswani waarsku dat die huidige stelsel nie die koste van padskade wat deur swaar voertuie veroorsaak word, voldoende kan dek nie.
“Buitelandse vragmotors speel ’n groot rol, maar hul impak op infrastruktuur word nie in hul finansiële bydrae weerspieël nie.
“Die massa-afstand- en oorgrensraamwerke moet hersien word en op werklike padgebruik gebaseer word, met sterker afdwinging. Wetgewers moet optree voordat die situasie vererger,” het Liswani gesê.
’n Vragmotorbestuurder Andrew Angombe het die regering versoek om meer aandag te skenk aan die rehabilitasie van roetes soos Arandis na Usakos, Walvisbaai, en Rosh Pinah na Keetmanshoop.
Namport se uitvoerende hoof, Andrew Kanime, het gesê vragmotorverkeer het meer as verdubbel, van 300 tot 750 vragmotors daagliks, wat die druk op infrastruktuur én die ekonomiese potensiaal beklemtoon.
“Ons nuwe hawehekprojek, met vyf toegangsbane en vier uitgangsbane, is deel van die uitbreiding van kapasiteit. Vragmotors bring besigheid, werk en inkomste wat nie net Namport bevoordeel nie, maar ook Walvisbaai, Erongo en die hele Namibië.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie