Groot padwerke word oor die volgende vyf jaar beplan. Foto brumar.com.na
Groot padwerke word oor die volgende vyf jaar beplan. Foto brumar.com.na

RA het groot planne

Fokus nou op binnelandse paaie
Miljarde word oor die volgende vyf jaar vir Namibië se padnetwerk begroot.
Augetto Graig
Die Paaieowerheid (RA) het Woensdag sy geïntegreerde strategiese sakeplan vir die boekjare 2022-’23 tot 2026-’27 bekendgestel.

Die minister van werke en vervoer, John Mutorwa, het gesê: “Ontwikkeling kan nie sonder paaie gemeet word nie. Daar moet paaie wees vir ontwikkeling om te volg.”

Nou dat die land per pad met buurlande verbind is en nadat teerpaaie die hoofstede van Namibië se streke verbind, skuif die fokus na die paaie wat Namibië se vele dorpe en nedersettings nader aanmekaar sal bring, sê hy.

Namibië spog met amper 50 000 km van die beste paaie in Afrika.

Volgens die RA se raadsvoorsitter, Lily Brandt, is padvervoer noodsaaklik om armoede te bekamp, rykdom te skep en toegang tot dienste te vergemaklik.

“Ons kan ons eie probleme oplos,” het sy gesê.

Die RA beplan oor die volgende vyf jaar ’n totale begroting van N$26,14 miljard waarvan padtariewe en die Padfondsadministrasie (RFA) N$15,9 miljard sal moet bydra. Die res word vanaf die regering, lenings en toelaes verwag. Die RA se begroting is vanjaar N$4,3 miljard.

Die grootste deel van die geld is geoormerk vir die bou van nuwe paaie, wat vanjaar N$2,19 miljard sal kos, terwyl die instandhouding van bestaande paaie N$1,3 miljard in 2022-’23 sal beloop, en die herstel van bestaande paaie N$146,3 miljoen.

Die Paaieowerheid sê sy dubbelbaan-padprojekte tussen Windhoek en Okahandja (97 km teen N$336,9 miljoen), vanaf Swakopmund na Hentiesbaai en Kamanjab Fase 1 en 2 (402 km teen N$120 miljoen), en tussen die hoofstad en die Internasionale Lughawe Hosea Kutako Fase 1, 2A en 2B (44 km teen N$1 miljard) sal in die huidige boekjaar voltooi word. Die opgradering van die MR44-pad tussen Swakopmund en Walvisbaai (44 km teen N$237,4 miljoen) moet ook voltooi word.

Ander padprojekte sluit in die MR92 vanaf Gobabis, deur Aminius na Aranos (245 km teen N$150 miljoen), die opgradering van die pad vanaf Isize, Sifuha, Malindi na Schickmansburg (50 km teen N$6,5 miljoen), en die teer van die 32,3 km-pad na die Divundu-Mohembo-grenspos. Die beplanning om die MR120 vanaf Onhuno deur Endola na Okatana (40 km teen N$1,5 miljoen) te teer en na ’n dubbelbaan te verbreed, word ook voltooi.

Verder word die pad vanaf Grünau na Keetmanshoop en Mariental (386 km teen N$145 miljoen) herstel asook die brug oor die Homsrivier by Warmbad teen N$1,4 miljoen.

Die grondpadprojekte wat op arbeid gebaseer is, sluit 25 km van die DR3622 vanaf Omukukutu na Omboloka in, 48,8 km van die DR3654 tussen Omuthiya en Elambo, 19 km tussen Eendolo en Eembo, 12 km tussen Epinga en Onakalunga, die TR10/2 tussen Oupili en Onkumbula, en toegangspaaie na skole en klinieke.

Die D3672 en TR1/11 Fase 2 na die Mangetti-Wes-kwarantynkamp (50 km-grondpad) word ontwikkel, saam met die DR3446 (137 km), beter bekend as die Charlie Cutline.

Die RA beplan om vir die volgende boekjaar 2023-’24 sy begroting te vergroot na N$6,95 miljard, waarvan N$4,68 miljard op die bou van nuwe paaie en die herstel van bestaande paaie bestee sal word.

Na 2024-’25 se begroting van N$4,2 miljard, verminder die beplande uitgawes vir bou en herstelwerk na N$2,4 miljard en N$1 miljard vir onderskeidelik 2025-’26 en 2026-’27, om altesaam op N$14,73 miljard vir die vyf jaar tydperk te staan te kom.

Teen 2027 wil die RA 700 km meer plaaslike paaie teer, 215 km se nuwe grondpaaie bou, 410 km herstel, 715 km herseël, 2 800 km hergruis, 1 200 km se teerpad opknap, en 635 km opgradeer met die laevolume-seëltegniek wat intern ontwikkel is. Dié projek ontvang vanjaar N$75,5 miljoen en teer bestaande grondpaaie wat nie hoë volume verkeer dra nie. Die MR74 se 271 km tussen Grootfontein en Tsumkwe sal so opgegradeer word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23.05 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.25 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.24 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.27/OZ UP +0.39% | Copper US$ 4.96/lb UP +2.39% | Zinc US$ 3 000.30/T UP 0.75% | Brent Crude Oil US$ 83.89/BBP UP +0.14% | Platinum US$ 1 055.01/OZ DOWN -0.0062 Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.05 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.25 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.24 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.27/OZ UP +0.39% | Copper US$ 4.96/lb UP +2.39% | Zinc US$ 3 000.30/T UP 0.75% | Brent Crude Oil US$ 83.89/BBP UP +0.14% | Platinum US$ 1 055.01/OZ DOWN -0.0062