Onwettige aansluitings sorg vir droë krane
Die afdelingsingenieur vir infrastruktuurbeplanning en ontwikkeling by Stad Windhoek (CoW) sê een van die grootste uitdagings wat die gemeenskap van Groot Aub in die gesig staar, is ’n gebrek aan water, wat hoofsaaklik deur onwettige waterverbindings veroorsaak word.
“Nog ’n kwessie is dat Groot Aub se watervoorsieningstelsel aanvanklik vir ’n klein bevolking van sowat 5 000 ontwerp is,” het Jacobus Jacobs gesê.
Hy het bygevoeg dat die bevolking egter die afgelope paar jaar beduidend gegroei het tot sowat 15 000, wat gelei het tot verminderde waterdruk en probleme om die hele gemeenskap te bereik.
Volgens Jacobs ontwrig die onwettige aansluitings die stelsel en maak dit moeilik om water aan die res van die gebied te verskaf, veral aan diegene wat in laer liggende gebiede woon.
Hy het Woensdag tydens ’n besoek aan die dorp – saam met verteenwoordigers van verskillende departemente van die munisipaliteit – verwys na ’n projek waartydens ou pype vervang gaan word met nuwe, groter pype van sowat 300 mm in omtrek wat die hoër druk kan hanteer en water meer doeltreffend kan versprei.
Twee maande gelede het die Windhoekse raadslid Ivan Skrywer en voorsitter van die raad se raadgewende komitee vir die formalisering van informele nedersettings en integrasie van Groot Aub gesê die meerderheid van die inwoners was Desember en Januarie sonder betroubare watertoevoer.
“Ons het verskeie oproepe ontvang dat daar geen water op Groot Aub was nie. Tydens ons inspeksieweek het ons ontdek een van die grootste bydraende faktore tot die watertekort was onwettige waterverbindings.
“Wanneer iemand met die hoofgrootmaatwatertoevoer peuter, verminder dit waterdruk. Die ontwrigting raak ook die onwettige aansluitings en lei uiteindelik tot ’n watertekort vir die breër gemeenskap,” het Skrywer gesê.
“Ons het vinnig opgetree en die onwettige aansluitings is afgesny. Dit het gemaak dat diegene wat geraak is, vinnig na vore gekom het.”
As ’n korttermynoplossing is die munisipaliteit tans besig om watertenks in gebiede te installeer waar inwoners deur die ontkoppelings geraak is.
“Dit is belangrik om te onthou dié ontkoppelings was noodsaaklik omdat die aansluitings onwettig was.
“Volgens wet is dit nie toelaatbaar nie. Niemand behoort met die grootmaatwaterlyne te peuter nie,” het Skrywer gesê.
Hy het die publiek ook oor ernstige gevolge vir openbare gesondheid gewaarsku.
“Die grootmaattoevoer is ontwerp om water na verwerkingsentrums te lei voordat dit huishoudings bereik. Wanneer iemand ’n onwettige verbinding maak, kry hulle toegang tot onbehandelde water wat gevaarlik is om te gebruik.
“Ons vinnige optrede het nie net oor die wet gegaan nie, maar oor die beskerming van openbare gesondheid.”
Die munisipaliteit gaan intussen voort om watertenks te installeer as ’n tydelike maatreël om geraakte inwoners te help. Dié tydelike oplossing sal in plek bly terwyl die hoofstad ’n langtermynplan ontwikkel.
Volgens Skrywer is diegene wat hulle aan onwettige aansluitings skuldig maak, dikwels inwoners wat buite die amptelike grense van Groot Aub woon.
Die inligtingsdae is daarop gemik om bewustheid te kweek en inligting oor munispale dienste en voortgesette programme te deel. Dit dek onderwerpe soos onder meer die bestuur van vaste afval, die Farm Okukuna-inisiatief, opheffingsprogramme vir maatskaplike welsyn, dienste verskaf deur die stadspolisie asook algemene munisipale reëls en regulasies.
Van die klagtes wat inwoners geopper het, was die aankoop van erwe, geraasbesoedeling, kroeë wat na-ure oopbly en aanhoudende rioolprobleme.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie