Okahandja se riool-nagmerrie

Verstopte dreine, gesteelde mangatdeksels
Die meerderheid van die dorp se infrastruktuur vir riool is meer as 60 jaar oud en is vir 'n baie kleiner bevolking bedoel.
Aurelia Afrikaner
Meer as agt buurte oraloor Okahandja word steeds geteister deur volgehoue rioolwaterstortings wat nooit ten volle opdroog nie en ernstige kommer onder inwoners oor gesondheid wek.

Ten spyte van sigbare pogings deur munisipale werkers, met soms tot vyf wat op ‘n Sondagoggend deur Netwerk Media Hub (NMH) gesien is, is daar weinig wat verander.

“Hulle probeer, maar niks word regtig beter nie,” het een gefrustreerde inwoner aan NMH gesê.

Die wortel van die probleem blyk onder die grond te skuil. Die meerderheid van Okahandja se infrastruktuur vir riool is meer as 60 jaar oud en is volgens die woordvoerder van die dorp se munisipaliteit Master Penna, gebou met verouderde asbes en ou pype.

“Hierdie verouderde pype is gereeld geblok deur boomwortels, slyk, klippe en ander soliede materiale wat

wat herhalende oorstromings en verstoppings oraloor in die dorp veroorsaak,” het Penna gesê.

Verskeie bykomende faktore vererger egter die situasie.

Die diefstal van mangatdeksels het riooltoegangspunte ook oop gelaat. Kinders is gesien hoe hulle vreemde voorwerpe, insluitend plastiek, klippe en rubber, in die oop gate gooi. Industriële neweprodukte wat deur vervaardigingsondernemings in die munisipale stelsel vrygestel word, vererger die krisis verder.

Inwoners wat naby hierdie rioolbrandpunte woon, het ernstige kommer oor die voortgesette stand van sake uitgespreek en gesê dat die toestande “totaal” ongesond” is.

Ook voertuigeienaars is radeloos en gefrustreerd.

“Ná elke karwas, moet ons weer deur riool ry. Dit is ‘n mors van geld,” het ‘n eienaar gesê.

Die dorp se huidige rioolstelsel is oorspronklik vir ‘n baie kleiner bevolking gebou. Om dié wanbalans aan te spreek, is die munisipaliteit in die proses om infrastruktuur op te gradeer deur geleidelik die omtrek van rioollyne te vermeerder om in die huidige aanvraag te voorsien. Nuwe ontwikkelings word nou vereis om polimeergebaseerde swaargewig-plastiekmangatdeksels te gebruik om diefstal te voorkom. Wat finansiering betref, het Penna bevestig die munisipaliteit het geld aan die projek toegeken is en dat herstelpogings reeds onderweg is.

Onderhoudswerk aan die hoofrioolpyp wat na die oksidasiedamme lei, word gedoen met 'n geraamde begroting van N$ 5,5 miljoen.

Bykomende instandhoudingspogings is ook onderweg in die Nau-Aib-, Smarties- en Vedersdal-gebiede, met 'n gekombineerde geraamde waarde van N$ 2,08 miljoen.

Die munisipaliteit het volgens Penna ook personeel op bystand geplaas om vinnig op rioolverwante klagtes te reageer met die doel om dienslewering te verbeter en openbare vertroue te herstel.

Tot dan is inwoners egter uitgelewer aan oorstroomde strate, verstopte dreine en ‘n voortslepende stank met geen duidelike lig in die tonnel nie. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-09-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer