Nog net vyf jaar om digitale strategiedoelwitte te bereik
‘Wees op jou hoede vir laekoste-slimtoestelle’
PowerCom het verlede week 25 torings by Oikokola in die Omusatistreek bekend gestel.
Indien Namibië die doelwitte in sy nasionale digitale strategie wil bereik, moet ongeveer 40% van sy totale bevolking oor die volgende vyf jaar toegang tot die internet kry.
Só het die minister van inligting en kommunikasietegnologie (ICT), Emma Theofelus, Donderdag by die bekendstelling van 25 PowerCom-torings by Oikokola in die Omusatistreek gesê.
Sy het ook aangekondig dat haar ministerie se doelwit is om alle regeringsdienste te digitaliseer wat ondersteun word deur ’n digitale stelsel vir identifikasie, veilige datasentrums en inter-operasionele digitale platforms. Theofelus het ook die hoop uitgespreek dat Namibië se ICT-bedryf se bydrae tot die land se bruto binnelandse produk (BBP) van 1,6% tot 4% sal groei. Ongeveer 42% van die land se bevolking sal ook toegang tot digitale tegnologie moet kry.
Dít kom nadat prof. Attlee Gamundani van die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) verlede jaar gewaarsku het Namibiërs moet op hul hoede wees vir laekoste-slimtoestelle wat ingevoer word met indringerware wat reeds opgelaai is.
“Wêreldwyd was daar verskeie berigte van bekostigbare slimfone en ander toestelle wat vooraf geïnstalleer is met ingeboude indringerware of sekuriteitskwesbaarhede.
“Hierdie probleem is nie net tot Namibië beperk nie, maar hou ’n beduidende bedreiging in vir enige nasie wat bekostigbare tegnologie sonder streng sekuriteitsmaatreëls aanvaar,” het Gamundani gesê.
Hy het onder meer gesteun op bevindinge van die sekuriteitsfirma, Kapersky, wat bevind het dat sowat 200 modelle van Android-toestelle wêreldwyd ingevoer is met indringerware wat reeds opgelaai is.
Avast het bevind honderde goedkoop Android-modelle wat vooraf met indringerware gelaai is, gebruikers in meer as 100 lande raak.
NUWE TORINGS
PowerCom het 25 nuwe torings bekend gestel, elk teen ’n gemiddelde koste van N$1,6 miljoen (N$40 miljoen in totaal), wat die entiteit se portefeulje van 276 torings vier jaar gelede tot 318 torings verhoog het, aldus hul uitvoerende hoof, Beatus Amadhila.
Hy sê ook sowat N$34 miljoen is in nog 23 torings belê wat tans opgerig word. PowerCom beplan ook volgens Amadhila om 33 torings in die volgende finansiële jaar op te rig met konstruksiewerk vir 10 torings wat na verwagting in die eerste kwartaal sal begin.
“Dit sal ’n verdere belegging van N$53 miljoen in ons nasionale konnektiwiteit wees,” het hy gesê.
Theofelus het gesê dat onder andere boere hierdie toegang moet gebruik om hul markte te verbreed en dat leerlinge beter toegang tot leermateriaal kan hê.
“Ons ken die uitdagings wat ons landelike gebiede in die gesig staar: Lang afstande, beperkte infrastruktuur en beperkte geleenthede. Konnektiwiteit het die mag om hierdie storie te verander.
“Sonder toegang tot moderne ICT kan ons jeug nie op gelyke voet meeding nie, ons boere kan nie toegang tot nuwe markte kry nie en ons burgers kan nie ten volle voordeel trek uit die dienste wat die regering so hard werk om te lewer nie," het sy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie