NLU: Boere moet reageer op Starlink-aansoek
Cran se sperdatum is 12 Desember
Die vier landbou-unies het verskeie kere met Cran vergader oor die dringende uitdagings met konnektiwiteit en ondersteun die goedkeuring van 'n satelietnetwerk wat bekostigbare, uitgebreide en betroubare konnektiwiteit aan landelike gebiede kan verskaf.
Boere, lede van die Namibië Landbou-unie (NLU) en die publiek word aangemoedig om skriftelike kommentaar oor Starlink by die Regulerende Owerheid vir Kommunikasie in Namibië (Cran) in te dien voor die sluitingsdatum op Vrydag 12 Desember.
"Dit is 'n dringende noodsaaklikheid vir Namibië. Moderne landbou is tegnologies gedrewe en tegnologie word gedryf deur konnektiwiteit," het die NLU beklemtoon.
"Starlink is reeds in baie Afrikalande beskikbaar, wat ontwikkeling, onderwys, gesondheidsopsies, sekuriteit en gevorderde tegnologieë bevorder. Namibië kan dit nie bekostig om van hierdie ontwikkelings uitgesluit te word nie. Om die sesde nasionale ontwikkelingsdoelwitte (NDP6) te bereik, is uitgebreide en betroubare konnektiwiteit 'n absolute noodsaaklikheid."
Die vier landbou-unies – NLU, die Namibië Nasionale Boere-unie (NNFU), die Namibiese Ontluikende Kommersiële Boerevereniging (Necfu) en die Boere-unie vir Voorheen Benadeelde Kommersiële Boere (PDCFU) – het by verskeie geleenthede met Cran vergader oor die dringende uitdagings met konnektiwiteit. Die unies ondersteun die goedkeuring van 'n satellietnetwerk wat bekostigbare, uitgebreide en betroubare konnektiwiteit aan landelike gebiede kan verskaf.
Al vier die unies het voorheen ’n peiling met hul lede gehou. Enkele statistieke uit die terugvoering van die peiling, was soos volg:
- Slegs 40,7% van die respondente het telefoonverbinding (37,5% soms en 21,8% het geen telefoonverbinding nie);
- Slegs 46% van die respondente het internetverbinding (34,4% soms en 19,6% het geen internetverbinding nie);
- Altesaam 91,9% van respondente het of geen of baie beperkte telekommunikasie (met slegs 8,1% van alle deelnemers wat tevrede is met hulle geriewe).
Na dese wil Cran die publiek en alle belanghebbendes inlig oor die status van die telekommunikasiedienslisensie- en spektrumlisensie-aansoeke wat in Junie 2024 deur Starlink ingedien is. Die aansoeke is op 28 November 2025 in die Staatskoerant 8795 No. 897 vir openbare kommentaar gepubliseer.
Cran nooi die publiek en alle belanghebbendes om skriftelike kommentaar voor volgende Vrydag 12 Desember in te dien.
“Hierdie publikasie is 'n kritieke stap in die lisensiëringsproses, wat belanghebbendes en die publiek in staat stel om die aansoekbesonderhede te hersien en terugvoer in te dien,” het Cran gesê.
Sodra die kommentaar ontvang is, sal Cran die aansoek volledig oorweeg en dit evalueer teen die lisensiëringskriteria wat in Artikel 39 van die kommunikasiewet en lisensiëringsregulasies uiteengesit word.
Dit sluit in die ondersoek na eienaarskapstrukture, tegniese en finansiële vermoëns, vertroulikheid en neutraliteit van die diens, standaarde en spesifikasies asook netwerkbepalings met betrekking tot nasionale verdediging, openbare veiligheid en billike mededinging.
“Ons deel mee dat die uitslag van die eienaarskapsaansoek van die minister van inligting en kommunikasietegnologie ontvang is en ingevolge die wet, moet die volledige lisensie-aansoeke nou beoordeel word teen alle toepaslike kriteria, insluitend eienaarskap,” het Cran bygevoeg.
Ná die openbare konsultasieperiode sal Cran 'n deeglike evaluering van alle aspekte van die aansoek onderneem om voldoening aan die lisensiëringskriteria kragtens die Kommunikasiewet No. 8 van 2009 te verseker. Die owerheid sal die publiek op hoogte hou van die volgende stappe sodra die kommentaarperiode gesluit het.
“Boonop bly Cran verbind tot deursigtige en doeltreffende regulatoriese prosesse. Die owerheid sal voortgaan om die publiek op hoogte te hou van die vordering en finale uitslag van die Starlink-lisensie-aansoek,” het Cran se woordvoerder, Mufaro Nesongano, gesê.
Skriftelike voorleggings en kommentaar moet fisies of elektronies ingedien word. Dien dit per hand in by die Cran-kantore by Freedom Plaza, Courtside-gebou (derde en vierde verdieping) op die hoek van Fidel Castro- en Eerw. Michael Scottstraat in Windhoek of stuur 'n e-pos aan [email protected].
Die NLU versoek van sy lede ‘n afskrif van die kommentaar wat gestuur word aan [email protected].
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie