Neckartal se tweede fase bring hoop vir ||Kharas
Wat die bou van ’n meer robuuste ekonomie, die versnelling van herstel en die bevordering van inklusiewe groei betref, speel die ||Kharasstreek steeds ’n sleutelrol, met groot projekte op die horison soos groen waterstof, olie en gas en die tweede fase van die Neckartaldam.
Volgens die goewerneur van die streek, Dawid Gertze, het hierdie ontwikkelings hoop by die inwoners ingeboesem.
In sy onlangse streekrede het hy aangedui dat die regering vordering gemaak het met die ontwikkeling van die tweede fase van die Neckartaldam-projek.
“Die konsultant wat verantwoordelik is vir die ontwerp sal mettertyd aangestel word. Die regering beoog om ongeveer 12 000 hektaar grond vir die Fase 2-besproeiingsontwikkeling te bekom.
“Ons is optimisties oor die impak wat hierdie projek op ons streek sal hê. Daar word verwag dat hierdie kritieke inisiatief 11 000 werksgeleenthede sal skep,” het hy gesê.
Gertze het ook beklemtoon dat die ||Kharas-streekkantoor 58 aanbiedinge vir plaasverkope gedurende die 2024-’25-boekjaar ontvang het, met ’n gesamentlike oppervlakte van 521 000 hektaar.
“Een plaas – Gedeelte 2 en Gedeelte 3 – is in die ||Kharasstreek verkry vir die Neckartaldam-besproeiingsprojek,” het hy opgemerk.
Gertze het verder ’n sektorwye dialoog versoek om die geleenthede wat die Neckartaldam bied, ten volle te ondersoek.
“Neckartal is ’n slapende reus. Dis die grootste dam in Namibië, met die potensiaal om nie net hierdie streek nie, maar die hele nasie, te transformeer. Dis nie net water in ’n dam nie – dis ons hoop op ’n beter môre vir ons inheemse gemeenskappe wat in die woestyn woon.
“Dit verteenwoordig werk op die horison en onbenutte rykdom. Sodra dit ontsluit is, sal ons sien hoe hongerte uit ons huishoudings verdwyn,” het hy gesê.
Gertze het bygevoeg: “Namibië beskik oor oorvloedige landboupotensiaal, genoeg om nie net die behoefte aan voedselinvoere uit te skakel nie, maar ook om ons as ’n streek se broodmandjie te posisioneer.
“Met ons enorme hulpbronne behoort ons nie afhanklik van eksterne voorrade te wees nie, maar voedsel na ons bure uit te voer.”
Hy het ook die ontwikkeling van groen waterstof verwelkom as ’n kritieke dryfveer vir groei, veral vir Lüderitz en die omliggende gebiede. Terwyl hy die potensiaal van die olie- en gassektor erken het, het Gertze daarop gewys dat die streek tans nie die ekonomiese kapasiteit het om daarop te kapitaliseer nie.
Hy het gevra vir breër konsultasies om te verseker dat plaaslike gemeenskappe betekenisvol betrokke is by die geleenthede wat die bedryf bied.
“Hierdie bevoordeeling moet nie politieke gebrabbel bly nie. Dit moet vertaal word in tasbare voordele vir die burgers van hierdie streek,” het hy gesê.
Kyk na die video by https://q.my.na/SJQ2.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie