LIFE JACKET: The National Housing Enterprise has been offered N$5 billion in project financing which it will be required to repay annually over a period of 20-years.
LIFE JACKET: The National Housing Enterprise has been offered N$5 billion in project financing which it will be required to repay annually over a period of 20-years.

Italianers maak aanbod van N$5 miljard aan NHE

Behuisingsagterstand van 300 000
Die behuisingsonderneming sê hy het al ander sakevoorstelle van ander entiteite ontvang.
Yandi Du Plessis
Ogone Tlhage – Die sukkelende nasionale behuisingsonderneming (NHE) is ’n leningsfasiliteit van N$5 miljard deur ’n Italiaanse konstruksiekonsortium aangebied.

Die NHE speel ’n sleutelrol in Namibië se strewe om die ewig toenemende behuisingsagterstand – wat op ’n verbysterende 300 000 staan – te takel, maar hy staar finansiële probleme en ’n staking oor arbeidsvergoeding in die gesig ná jare van finansiële agteruitgang.

Die maatskappy het glo sedertdien sy deure oopgemaak vir potensiële finansierders in ’n poging om sy mandaat uit te voer. Een so 'n entiteit is die Italiaanse maatskappy Maec 87 SRL, wat verlede jaar die aanbod vir ’n leningsooreenkoms aan NHE gemaak het.

Die finansiering, indien ’n ooreenkoms bereik word, sal oor ’n tydperk van 20 jaar betaalbaar wees.

Die niebindende ooreenkoms wat die basiese bepalings en voorwaardes uiteensit waaronder die belegging gemaak sal word – ofte wel ’n “term sheet” – wat ons susterkoerant Namibian Sun onder oë gehad het, dui aan die regering moet die leningsbedrag steun en moet jaarliks teen ’n rentekoers van 0,5% terugbetaal word.

Dit dien as ’n sjabloon (template) en basis vir meer gedetailleerde dokumente wat wetlik bindend is.

Dié konsepdokument is op 14 Julie 2022 onderteken deur NHE se uitvoerende hoof, Gisbertus Mukulu, en die maatskappy se finansiële hoof, Beverly Gawanas-Vugs. Mukulu het ontken dat hy die dokument onderteken het, maar het bevestig dat hy met die Italianers vergader het.

ONGEVRAAGDE AANBOD

Mukulu het gesê die Italiaanse maatskappy het ’n ongevraagde sakevoorstel aan die NHE gemaak en bygevoeg: “Ons het net met hulle kontak gehad. Ons het ’n konsultasievergadering gehad waartydens hulle hul maatskappy en produkte wat hulle aanbied, kon verkoop.”

Op haar beurt het die maatskappy se woordvoerder, Tuafi Shafombabi, bevestig ’n aanbod is gemaak, maar gesê geen bindende ooreenkoms is onderteken nie.

“NHE het Maec 87 SRL vir finansieringsdoeleindes betrek en ’n niebindende konsepdokument onderteken wat deel vorm van die voorwaardes van die ooreenkoms.

“Verskeie finansierders het ook die NHE genader met hul sakevoorstelle. Die NHE het dus nog geen bindende ooreenkoms aangegaan nie,” het sy gesê.

Mukulu het Namibian Sun na Maec 87 SRL verwys en gesê hulle is in ’n beter posisie om kommentaar oor die finansieringsaanbod te lewer.

Intussen het Sam Shivute, die NHE-direksievoorsitter, gesê hulle is onbewus van die aanbod.

“Die saak waaroor jy praat, is nie aan die raad voorgelê vir beraadslaging en goedkeuring nie. Die direksie kan nie ’n standpunt hê oor ’n saak waaroor hulle nie kon beraadslaag nie,” het hy gesê.

Die Italiaanse maatskappy is volgens sy maatskappyprofiel in 2004 gestig en is tans besig met die rehabilitasie en herstrukturering van historiese geboue in die middestad.

PROBLEME IN DIE VERLEDE

NHE se finansiële state is oor vier jaar nie geoudit nie, het Shivute in 2021 gesê en bygevoeg pogings is aan die gang om die onderneming se boeke op datum te bring.

Hy het ook erken die NHE werk met beperkte finansiële hulpbronne as gevolg van “talle faktore wat die instelling belemmer om voldoende inkomste te genereer”.

’n Wêreldbankverslag het voorheen die onderneming se onvermoë om behuising te bou, uitgelig.

Sedert sy ontstaan in 1993 tot middel 2019 het die NHE slegs 17 113 huise landswyd opgerig, waarvan baie twee- en drieslaapkamer-wooneenhede is, en min daarvan is bekostigbaar vir laerinkomstegroepe.

“Die NHE het die meeste van sy pogings op staatsamptenare gefokus, maar fokus toenemend op laerinkomsteprojekte, met eenvoudige eenvertrekwoonstelle en een- en tweeslaapkamerhuise,” lui die verslag.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23.05 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.25 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.24 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.27/OZ UP +0.39% | Copper US$ 4.96/lb UP +2.39% | Zinc US$ 3 000.30/T UP 0.75% | Brent Crude Oil US$ 83.89/BBP UP +0.14% | Platinum US$ 1 055.01/OZ DOWN -0.0062 Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.05 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.25 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.24 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.27/OZ UP +0.39% | Copper US$ 4.96/lb UP +2.39% | Zinc US$ 3 000.30/T UP 0.75% | Brent Crude Oil US$ 83.89/BBP UP +0.14% | Platinum US$ 1 055.01/OZ DOWN -0.0062