‘Hawe-uitbreiding sal Shark-eiland verberg’

Namport wil spoedig met konstruksie begin
Die voorgestelde uitbreiding van die hawe hou 'n beduidende risiko in om die erfenisterrein verder te skend, dui navorsing aan.
Augetto Graig,Otis Daniels
Augetto Graig en Otis Daniels – Lüderitz se uitsig oor Shark-eiland kan binnekort net iets wees wat in die geskiedenisboeke opgeteken is, soos die grudade wat die Duitse koloniale heersers op dié eiland teen Nama- en Herero-krygsgevangenes gepleeg het.

Die Schutztruppe se konsentrasiekamp op die noordelike punt van die eiland is van Maart 1905 tot April 1907 gebruik vir dwangarbeid en om gevangenes van inheemse stamme uit te wis.

Namport beplan om die Lüderitz-hawe uit te brei en tydens die eerste fase van die uitbreidingsprojek sal ses hektaar grond langs die huidige hawe, en aangrensend aan die ooste van Shark-eiland, drooggelê word.

Die bestaande Robert Harbour-kaaimuur sal met 250 m verleng word. Die konstruksieproses kan reeds in 2025 begin as goedkeuring in plek is en kan binne 24 maande voltooi word.

Finansiering, wat op sowat N$2 miljard geraam word, moet in die derde kwartaal van 2024 verseker word.

Tenders sal uitgereik word vir die konstruksieproses om teen Q1 2025 te begin, indien die goedkeuring en finansiering in plek is. Die konstruksieproses sal binne twee jaar voltooi wees en Fase 1 kan teen 2027 in gebruik geneem word.

Elzevir Gelderbloem, die Namibiese Haweowerheid (Namport) se hawe-ingenieur, het onlangs dié jongste planne met deelnemers aan ’n slypskool met inheemse gemeenskappe oor die groenwaterstofinisiatief in die suide van Namibië op Lüderitz gedeel.

Hy sê die bestaande hawe wat tans op 25 hektaar geleë is, bars uit sy nate.

“Ons het 95% bestaande terreinbesetting en hawebenutting. Dit is die beste praktyk om jou hawe uit te brei wanneer terreinbesetting 65% bereik. Die voorgestelde ekstra kaaimuurlengte van 250 m sal een bykomende mangaandraer of twee platformtoevoervaartuie akkommodeer. Kliënte vir die uitgebreide hawe is reeds by ons deur,” sê Gelderbloem.

Uiteindelik sal 15 hektaar grond langs die huidige hawe drooggelê word.

“Die bestaande kaaimuur sal met 700 m verleng word en hierdie projek sal in fases geïmplementeer word na gelang van die werklike aanvraag,” volgens hom.

Gelderbloem sê dat Namport die historiese betekenis van Shark-eiland en die noodsaaklikheid om dit te bewaar ten volle respekteer.

“Die ontwikkeling van Namport se Robert Harbour-uitbreidingsprojek, is fisiek geskei van Shark-eiland aangesien dit slegs in die aangrensende waters oos van Shark-eiland voorkom. Alle vereiste omgewings- en argeologiese impakstudies word tans uitgevoer, insluitend ’n onderwaterinspeksie om onder meer na enige artefakte te soek, en geen werk sal begin totdat die nodige goedkeuring in plek is nie.”

“Die omgewingsimpakstudie, insluitend die argeologiese studie, is tans 85% voltooi,” het hy gesê.

Intussen het Forensic Architecture, die navorsingsagentskap gebaseer by die Goldsmiths Universiteit van Londen, reeds sy studie op 12 April vrygestel.

“Shark Island: An Architectural reconstruction of a death camp”, het bevind dat geskiedkundige uitgebreide geologiese verandering van Shark-eiland dit aansienlik as ’n plek van historiese betekenis gekompromitteer het.

“Die toeristekamp se infrastruktuur, soos paaie of ablusiegeriewe, is direk bo-op die voormalige konsentrasiekamp geleë.”

Volgens die navorsers kom daar nog onontdekte grafte en massagrafte in die hele gebied voor.

“Die voorgestelde uitbreiding van die Lüderitz-hawe by Robert Harbour hou ’n beduidende risiko in om die erfenisterrein verder te skend – direk en indirek – asook om maritieme grafte op liggings binne die jurisdiksie van Namport en aangrensende waters te versteur.

“Geraas vanaf die hawe sal besoekers se ervaring beïnvloed. Die uitsig vanaf die dorp na die voormalige kamp en terug, wat die grudade wat hier gepleeg is binne sy plaaslike konteks plaas, sal ontwrig word as nuwe geboue aan die oostekant van die eiland gebou word,” waarsku die navorsing.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Weather: Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%