Gratis Wi-Fi nog te duur
Gebrek aan geld, infrastruktuur
'n Hofbeslissing het die implementering van die Universele Toegangsfonds lamgelê, en verhoed dat honderde skole nie internettoegang het nie.
Die Regulerende Owerheid vir Kommunikasie van Namibië (Cran) se planne om deur die Universele Toegangsfonds (USF) in die finansiële jaar 2022-’23 gratis internet meer toeganklik te maak, is gekniehalter weens die feit dat daar nie geld in die fonds is nie.
Volgens Cran se uitvoerende hoof, me. Emilia Nghikembua, is “die hoë geneigdheid tot litigasie” die uitdaging wat die fonds lamgelê het.
“Ons kan nie voortgaan ná die hofbeslissing nie,” voeg sy by, “en ons was in die laaste fases van toepassing.”
Die hooggeregshof het beslis die heffing van 1,5% wat Cran gehef het op die verskaffers van telekommunikasie se bruto-inkomste, is onwettig.
“Daar is geen verband tussen die regulerende owerheid en die heffings wat persentasiegewys en sonder werklike of behoorlike beraamde koste gereguleer word nie,” het die hooggeregshof se stukke in 2018 oor die hoërhof se besluit gesê.
Cran het appèl aangeteken, maar in November laas jaar het die hooggeregshof met die hoërhof se uitspraak ooreengestem en die heffing is geskrap.
Die parlementslid mnr. Modestus Amutse sê betrokke partye onderhandel steeds en daar word gekyk of die regering nie self ’n aanvanklike bydrae kan maak waarmee die fonds gevestig kan word nie.
Deel van Cran se voorbereiding vir die verwagte heffing was om navorsing te doen oor die leemtes in Wi-Fi-dekking landswyd.
Cran het hiermee bepaal dat 122 radiotoegangsnetwerke (RAN) se torings opgegradeer moet word om Wi-Fi aan 227 skole en klinieke te bied, terwyl nog 36 opgerig moet word om dieselfde diens aan ’n bykomende 49 instansies te bied.
Elke toring kos ongeveer N$3 miljoen tot N$4 miljoen om te bou.
Die ministerie van inligting- en kommunikasietegnologie het bevestig dat die implementering- en onderhoudskostes ongeveer N$25 miljoen sal beloop.
OP KRITIEKE PUNTE
Cran het planne beraam om skole en klinieke eerste te dek en as kernkliënte te vestig sodat ’n nuwe toring binne sewe jaar winsgewend sou wees.
Die fonds sou dan eienaarskap van torings wat met die USF se geld gebou is aan betrokke telekommunikasiediensverskaffers oordra.
Cran se hoof van navorsing en ekonomie, me. Helene Vosloo, sê internettoegang vir ongeveer 3 000 mense kan ’n toring oor sewe jaar winsgewend maak.
Die plan moet egter tekortkominge aan infrastruktuur by skole ondersoek.
MTC se navorsing dui net 500 uit 1 800 openbare skole het toegang tot basiese tegnologiese infrastruktuur, terwyl 32%, of 614 skole geen telekommunikasie- verbindings het nie. Verder is 346 of sowat 18% van staatskole sonder elektrisiteit, terwyl 13% of sowat 250 skole nie eens voldoende rioolinfrastruktuur het nie.
Amutse het Maandag as voorsitter van die parlementêre staande komitee oor inligtingen kommunikasietegnologie se slypskool van rolspelers oor gratis openbare Wi-Fi geopen.
Dit volg op ’n mosie wat hy vroeër vanjaar in die Nasionale Vergadering (NV) gebring het, wat na sy komitee verwys is.
“Ek is vol vertroue dat as ons die moed het, kan Namibië as ’n land kritieke plekke identifiseer, soos skole, openbare vervoer, tersiëre instansies en openbare plekke, waar gratis Wi-Fi suksesvol deur openbare-privatevennootskappe voorsien kan word,” het hy in sy openingstoespraak gesê.
Hy moedig Namibiese besighede aan om internettoegang aan kliënte te bied.
“Ja, ons sal moet sien wat ons kan doen, die regering saam met die private sektor, wat positief is oor samewerking. Daar is skole wat reeds aan die netwerk gekoppel is, soos in Tsumkwe, waar Paratus dit gedoen het en nie die regering nie,” sê Amutse.
Verdere struikelblokke vir Cran sluit hoë belasting, hoë datakoste en hoëkoste-toestelle in.
Amutse sê belasting kan aangepas word en die regering besef dat geleerde en ingeligte burgers beter inkomste beteken.
“Daar moet ’n manier wees om koste van toestelle, internettoegang en data te verminder,” sê hy.
Die ministeries van inligting- en kommunikasietegnologie, asook van onderwys, kuns en kultuur, die Internetvereniging van Namibië, die Namibië Instituut van Demokrasie, asook Telecom Namibia, MTC, Paratus Namibia en die Windhoek-munisipaliteit het voorleggings gelewer.

Kommentaar
Stephanus Gerber
CRAN! CRAN? Behalwe vir 'n groot aantal werknemers en 'n hoop voertuie en busse . . . . . . . wat doen hulle om hul bestaan te regverdig. Verskaffer van werkgeleenthede? Dis omtrent al.