STILL SOME WAY TO GO: The Electricity Control Board of Namibia says it is looking for buy-in with regards to the establishment of a central Regional Electricity Distributor.
STILL SOME WAY TO GO: The Electricity Control Board of Namibia says it is looking for buy-in with regards to the establishment of a central Regional Electricity Distributor.

ECB ondersoek behoefte aan sentrale kragverskaffer

'n RED is 'n elektrisiteitsverskaffer wat die taak het om krag aan die inwoners in 'n spesifieke streek te verskaf.
Ogone Tlhage
Ogone Tlhage

Die Elektrisiteitsbeheerraad (ECB) ondersoek die moontlikheid om ‘n streekelektrisiteitsverskaffer (RED) te vestig wat die munisipale jurisdiksie van Windhoek kan insluit.

Die vestiging van ‘n RED is al ‘n geruime tyd – sedert 2018 – ter sprake, toe die ECB gesê het hy hoop om RED’s in die suidelike en sentrale streke van Namibië uit te rol.

ECB se waarnemende uitvoerende hoof, me. Rachel Boois, het gesê daar was gesprekke rondom geteikende belanghebbendes se inkoop in dié plan.

“Die implementering van die Sentrale Streekelektrisiteitsverskaffer is ‘n konsulterende en deelnemende proses en konsultasies is steeds met die verskillende belanghebbendes wat kan inkoop aan die gang,” het Boois gesê.

’n RED is ’n elektrisiteitsverskaffer wat die taak het om elektrisiteit aan die inwoners in ‘n spesifieke streek te voorsien.

‘n Herstruktureringstudie wat die ministerie van myne en energie in 1998 voltooi het, het aanbeveel dat Namibië in vyf gebiede verdeel word en ‘n enkele elektrisiteitsverskaffer vir elke gebied gevestig word – wat alleen verantwoordelik sal wees vir kragvoorsiening in daardie gebied.

Die voorgestel was dat al die bestaande verspreiders dan moet deel word van die RED in hul spesifieke gebiede.

VOORDELE

Die ECB voer aan dat ’n RED skaalekonomie bied; die verdubbeling van koste en stelsels vermy kan word; krag teen laer pryse verskaf kan word; en dit eenvormigheid van standaarde, tariewe en diens binne ‘n enkele RED sal bied.

Verder sal dit kapasiteit verbeter aangesien die RED uitsluitlik op sy kerngebied sal kan fokus en gevolglik in staat sal wees om van voldoende stelsels gebruik te maak en gekwalifiseerde mense in diens te neem.

Dit was van die voordele wat gelys is.

Namibië het tans drie aktiewe RED’s, waaronder Nored, wat krag aan verbruikers in die Ohangwena-, Omusati-, Oshikoto-, Kunene-, Oshana-, Okavango- en Zambezistreek verskaf.

Cenored voorsien krag aan verbruikers in die Otjozondjupastreek en Erongo RED aan verbruikers in Erongo.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!