Dagbreek, FNB wil kinders holisties oplei
In ’n poging om kinders wat met verstandelike gestremdhede saamleef te bemagting, het FNB Namibië N$130 000 geskenk aan Dagbreek Skool se unieke opleidingsentrum. Die skool se Urban Farm & Skills-opleidingsgeriewe se doel is om kinders wat met verstandelike gestremdhede saamleef, holisties op te voed en te help om gelukkige lewens te kan lei.
"Dit is meer as net opleidingsgeriewe. Dit is 'n pad na onafhanklikheid vir hierdie leerders en wat aan hulle 'n gevoel van doelgerigtheid en insluiting in hul onderskeie gemeenskappe bied," sê Revonia Job, FirstRand Namibië se bestuurder vir maatskaplike belegging. Volgens Job is dit noodsaaklik vir die private sektor om die gapings te vul wat die regering nie kan nie.
“Toegang tot gehalteonderwys en vaardigheidsopleiding bly 'n uitdaging in Namibië. Terwyl ons ons regering se pogings ondersteun om toegang te verhoog, erken ons ook die gaping wat bestaan vir kinders wat intellektueel gestremd is. Daarom moet die private sektor ingryp en help om die veld gelyk te maak,” het sy beklemtoon.
Volgens Job moet Namibië sy kinders ook die kans vir praktiese opleiding gee, eerder as om net te steun op akademie.
“As 'n land is dit belangrik dat ons ons kinders se vaardighede diversifiseer bo en behalwe tradisionele onderwys. Ons moet verseker dat hulle 'n holistiese leerplan kry en prakties toegerus is, en wat hulle en hul gemeenskappe in die toekoms sal bemagtig,” het sy bygevoeg. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie