CoW magtig bouplanne van N$2,1 mjd.
Stad Windhoek (CoW) het tussen Julie 2025 en Julie 2026 bouplanne ter waarde van ongeveer N$2,1 miljard goedgekeur. Volgens syfers wat deur die munisipaliteit se uitvoerende hoof, Moses Matyayi, voorgelê is, het voltooide projekte gedurende dieselfde tydperk ’n waarde van N$350 miljoen gehad. Matyayi het dié syfers tydens ’n inligtingsessie aan die Nasionale Vergadering se staande komitee oor ekonomie en nywerheid, openbare administrasie en beplanning voorgelê. Die fokus was op ekonomiese ontwikkeling. Tydens die betrokke tydperk het die munisipaliteit 2 241 bouplanne goedgekeur en 355 voltooiingsertifikate uitgereik, volgens Matyayi. Foto argief


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie