Walvisbaai se liggies skitter

Leandrea mouers
Erongo RED het hande gevat met die munisipaliteit van Walvisbaai om die gees van die feesseisoen na die hawedorp te bring. Die Walvisbaai Burgersentrum is in Kersliggies getooi, terwyl die dorp vanjaar ook met 'n Kersboom in die hart van die Diaz-sirkel spog. Nog 'n hoogtepunt op die dorp tydens die Kersseisoen is die blink liggies van Dani du Toit se huis in 'Miljoenêrs-rylaan' langs die strandmeer. FOTO'S LEANDREA MOUERS

Kommentaar

Republikein 2025-12-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer