Verwondering oor Drikus se rekordtyd

-

Drikus Coetzee vind sterk motivering daarin om die “mees onmoontlike” fietsry-uitdagings te takel en sodoende sy gemeenskap te inspireer. Maandagaand in Wellington het hy die eindstreep van die 1 969 kilometer Race Across South Africa in die eerste posisie gehaal – nadat die wedren sewe dae, 22 ure en 02 minute tevore naby Pietermaritzburg weggespring het. In ons berig vandag in Sport Wrap sê die trotse Namibiër hy reken met ’n bietjie gunstiger weer en ’n meer aggressiewe doelwit kan dié roete tot 24 uur vinniger afgelê word. Foto’s verskaf



Kommentaar

Republikein 2026-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer