Foto Edward Hasler
Foto Edward Hasler

Sossusvlei pryk in Londen

National Geographic Traveller (UK)

Sossusvlei het vir die wenfoto in ’n gesogte Britse fotografiekompetisie gesorg. Al die foto’s van die finaliste in die National Geographic Traveller (UK) Fotografiekompetisie 2026 is nou te sien in ’n buiteluguitstalling in King’s Cross in Londen. Vanjaar se wenfoto is van Sossusvlei deur die Londense fotograaf, Edward Hasler. Hy het die foto tydens ’n helikoptervlug geneem. “Daar het net voor my besoek swaar reën geval en die vloeiende water het hierdie patrone in die sand geskep wat van bo af presies soos die takke van 'n boom gelyk het,” het Hasler gesê.



Kommentaar

Republikein 2026-06-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer