Snelweg na lughawe ingewy
Die Padowerheid (RA) het gister amptelik die nuut opgegradeerde Dr. Hage Geingob-snelweg ingewy, wat Windhoek met die Hosea Kutako Internasionale Lughawe verbind – ’n belegging ter waarde van meer as N$3 miljard. Die minister van werke en vervoer, Veikko Nekundi (derde van regs), het namens president Netumbo Nandi-Ndaitwah gepraat en gesê die snelweg sal verkeersvloei verbeter, padveiligheid verhoog en ekonomiese bedrywighede bevorder deur Namibië se vervoer- en logistieke netwerk te versterk. Hy het bygevoeg dat die projek deel vorm van die Harambee-welvaartsplan en die nalatenskap van wyle president Hage Geingob vereer, wie se leierskap groot infrastruktuurontwikkeling voorgestaan het. Foto Eliot Ipinge


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie