No Image Caption

Namibiese naghemel betower

Elvira Hattingh
’n Foto wat naby Hentiesbaai van die naghemel en die Zelia-skeepswrak geneem is, het die kategorie vir “mense en die ruimte” in die gesogte Astronomie Fotograaf van die Jaar-kompetisie gewen. Die fotograaf Vikas Chander van Nieu-Delhi, Indië, het die foto geneem. Dit volg nadat die fotograaf Gerald Rhemann se foto van Komeet Leonard, wat ook in Namibië geneem is, verlede jaar die oorhoofse wenfoto in dié kompetisie was.

Chander se foto wys die delikate kleure van verskillende soorte sterre bo die skeepswrak. Zelia het in Augustus 2008 gestrand geraak. Die wenners van 2023 se kompetisie is verlede week aangekondig. Buiten dat ’n oorhoofse wenner aangewys word, is daar ook wenners in 11 kategorieë. Al die wenfoto’s word jaarliks by die National Maritime Museum in Brittanje uitgestal.

Kommentaar

Republikein 2025-04-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer