No Image Caption

Francoise is NLU se Mediapersoonlikheid vir 2025

Henriette Lamprecht
Francoise Steynberg van Republikein is deur die Namibië Landbou-unie (NLU) as Mediapersoonlikheid van die Jaar vir 2025 aangewys. Arnold Klein (links), uitvoerende hoof van Agra, die borg van die toekenning, het Francoise vir haar passie geprys. Regs is die president van die NLU, Thinus Pretorius. Sy het haar joernalistieke loopbaan in 1993 afgeskop nadat sy politieke wetenskap studeer het en in 1994 by Republikein as joernalis begin werk. As plaasmeisie van Okahandja, dra sy haar prys op aan alle sterk vroue: Haar ouma Santjie en ma Betsie wat beide vrou-alleen geboer het, haar mentor en voormalige nuusredakteur, wyle Ronelle Rademeyer, en kollega van 31 jaar en nuusredakteur Henriette Lamprecht. Foto Jacques du Toit

Kommentaar

Republikein 2025-12-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer