Fishrot - Iceland
Fishrot - Iceland

Ysland-uitlewerings steeds onseker

Drie Yslanders betrokke in Fishrot-korrupsieskandaal
Nadat Namibië 'n afvaardiging onder leiding van die adjunk- eerste minister na Ysland gestuur het, is dit steeds nie duidelik of drie Yslandse verdagtes in die Fishrot-skandaal uitgelewer sal word nie.
Jemima Beukes,Kristien Kruger
Die drie Yslanders wat na bewering by die Fishrot-korrupsieskandaal betrokke was, sal dalk nooit in Namibiese howe vir hul beweerde finansiële misdrywe hoef pa te staan nie.

Hoewel Namibië ’n hooggeplaaste afvaardiging onder leiding van die adjunk- eerste minister en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, na Reykjavik in Ysland gestuur het, kon hulle glo nie dié land se vervolgingsowerhede oortuig om die uitlewering van die Samherji-base goed te keur nie.

Die drie Yslandse beskuldigdes is mnre. Adalsteinn Helgason, Egill Helgi Árnason en Ingvar Júlíusson.

Republikein se susterkoerant, Namibian Sun, het inligting van ’n betroubare bron ontvang dat die Yslandse minister van justisie, mnr. Jón Gunnarsson, ’n vergadering met die Namibiese afvaardiging afgekeur het en sy politieke assistent gestuur het om die groep te ontmoet om die uitleweringsproses van dié drie beskuldigdes te bespreek.

Volgens ingeligtes wat in dié Nordiese land gebaseer is, kan dit as 'n belediging beskou word aangesien politieke assistente bloot sekretaresses met geen administratiewe mag is nie.

Die aanklaer-generaal (AG), me. Martha Imalwa en die adjunk-direkteur-generaal van die Teenkorrupsiekommissie (ACC), adv. Erna van der Merwe, het Nandi-Ndaitwah vergesel.

‘ONGEëRGDE’ HOUDING

Transparency International Iceland (TI-IS) meen dat ministers in Ysland ’n ongeërgde houding het wanneer die bekamping van korrupsie ter sprake is.

“Ons politici, veral diegene wat die regeringskoalisie ondersteun, stel eenvoudig nie belang om geregtigheid in die Fishrot-skandaal te verseker nie,” het die uitvoerende direkteur van TI-IS, mnr. Thor Fanndal gesê.

Die direkteur-generaal van die ACC, mnr. Paulus Noa, het by navraag gesê hy gaan nie kommentaar lewer nie aangesien hy nie deel van die afvaardiging was nie.

“My adjunk het dit bygewoon; ons het nie gelei nie. In die eerste plek is dit ’n saak vir die AG, sy was selfs daar voor my adjunk, Erna van der Merwe, opgedaag het. Die verteenwoordiger van die ACC het ’n paar amptenare in Ysland ontmoet om samesprekings wat telefonies begin is, te finaliseer. Die uitleweringsproses word deur die ministerie van justisie hanteer,” het Noa gesê.

Na bewering het Namibië nog nie amptelik sy uitleweringsversoek ingedien nie, maar volgens regeringsbronne maak Ysland se wette nie voorsiening vir enige uitlewerings nie.

GEEN UITLEWERINGSVERSOEK

Volgens Van der Merwe is daar geen manier dat uitlewering ’n ondersoek kan belemmer nie en Namibiërs hoef nie bekommerd te wees oor of die Yslandse verdagtes in Namibiese howe gaan getuig nie.

“Uitlewering sal nie ons saak beïnvloed nie, want ons het ons getuies wat gaan getuig. As hul standpunt oor die saak so bly (geen uitlewering) wat dan? Laat hulle met daardie mense onderhandel en ons sal diegene hê wie se beëdigde verklarings ons het, maar ons het geen rede om te glo dat hulle nie sal kom nie,” het sy gesê.

Imalwa het by navrae oor of Namibië wel ’n amptelike versoek om uitlewering uitgereik het, geantwoord: “Wat wil julle van my hê?” waarna sy die oproep beëindig het.

Nandi-Ndaitwah, wat reeds in Ysland was vir ander internasionale vergaderings, het gesê sy het bloot haar werk gedoen om die vergadering vir die AG en Van der Merwe te verseker en kan nie kommentaar lewer oor wat tydens die vergadering gebeur het of bespreek is nie.

“As minister het ek my deel gedoen, ek het hulle in kontak met die owerhede daar gebring,” het sy gesê.

Republikein het vroeër berig dat Nandi-Ndaitwah in Junie in Ysland met eerste minister Katrín Jakobsdóttir, asook met me. Þórdís Kolbrún Reykfjörð Gylfadótti, minister van buitelandse sake en ’n belanghebbende in die ministerie van justisie, vergader het.

Namibië se ambassadeur in Ysland, amb. George Liswaniso, Imalwa, Van der Merwe en die waarnemende departementshoof van bilaterale betrekkinge, amb. Sabine Böhlke-Möller, het haar vergesel.

Volgens die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking is “kwessies van wedersydse kommer bespreek, insluitend uitlewering in die geval van transnasionale misdaad”.

Volgens die Yslandse media het albei lande onlangs by Europol se hoofkwartier in Den Haag in Nederland oor die ondersoek van die Samherji-saak vergader.

Dit kom ná die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR) en TI-IS die minister van justisie, me. Yvonne Dausab, aangemoedig het om haar besluit oor uitlewering so gou moontlik bekend te maak.

“Ons neem kennis dat Namibië teen 7 Junie 2022 nog nie formeel sy versoek gerig het vir die uitlewering van drie Yslandse verdagtes wat in Namibië in verband met Fishrot gesoek word nie. Burgers van beide lande het deur middel van betogings en nuusondersoeke uitgespreek dat dit nie reg is dat slegs Namibiese burgers wetlik aanspreeklik vir Fishrot gehou word nie, terwyl die korrupsieskandaal ook individue in Ysland betrek nie,” het TI-IS en die IPPR se uitvoerende direkteurs, Fanndal en mnr. Graham Hopwood, in ’n verklaring gesê.

“Soos jy weet vervolg ek nie misdade nie – dis die grondwetlike mandaat van die AG, en [ek] ondersoek ook nie korrupsie in die land nie, dit is die primêre mandaat van die ACC.

“Ons rol as ministerie is om seker te maak die uitleweringsversoek voldoen aan die vereistes ingevolge internasionale reg en die vereistes van die land aan wie die versoek gerig word.

“Dit is dus nogal betreurenswaardig dat die indruk geskep word dat die minister van justisie die proses vertraag. Dit is nie so nie,” het Dausab destyds in reaksie hierop aan die koerant gesê.

Die Namibiese medebeskuldigdes sluit in die oudministers Bernhard Esau en Sacky Shanghala, Esau se skoonseun, mnr. Tamson (Fitty) Hatuikulipi, sy neef en voormalige direkteur van Investec Asset Management Namibia, mnr. James Hatuikulipi, mnre. Ricardo Gustavo, Pius Mwatelulo, Phillipus Mwapopi, Otneel Shuudifonya, Nigel van Wyk en Marén De Klerk.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: West Ham 2 vs 2 Liverpool | Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Las Palmas 0 vs 2 Girona | Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Lecce 1 vs 1 Monza | Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: West Ham 2 vs 2 Liverpool | Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Las Palmas 0 vs 2 Girona | Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Lecce 1 vs 1 Monza | Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026