YaleenIsrael
YaleenIsrael

Yaleen en Israel

Henriette Lamprecht
Drie weke nadat die selfverklaarde evangelis en stigter en visioenêre leier van Nations Revival Ministries sy 9-jarige dogter by haar skool in Mosselbaai in Suid-Afrika opgelaai en met haar oor die grens na Namibië gevlug het, is pa en dogter op Opuwo gevind. Hoofinspekteur Elifas Kuwinga van die Namibiese polisie het bevestig dat Yaleen aan haar ma Phia-Mari oorhandig is. Kuwinga het op die vraag of Maré in hegtenis geneem is, geantwoord die polisie het uitvoering gegee aan die hofbevel wat sy gewese vrou in die hoërhof in Windhoek gekry het.

“Die bevel het bepaal dat die dogter aan haar ma oorhandig word en dit is gedoen.”

‘n Betroubare bron het intussen Israel se hartroerende pleidooie op sy Facebookblad dat sy gewese vrou en die kinders net vir ‘n vakansie Suid-Afrika toe wou gaan en nooit teruggekeer het nie en dat hy net sy kinders wil sien, weerlê. Volgens die bron het Israel geweet hulle trek Suid-Afrika toe, het hy gedeelde toesig oor die kinders en is hy nooit toegang tot hulle geweier nie. Maré het voordat hy met sy dogter verdwyn het, hulle glo 18 maande laas gesien omdat hy in Zambië was.

Kommentaar

Republikein 2024-12-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 21° | 34° Tsumeb: 22° | 36° Otjiwarongo: 19° | 34° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 23° | 33° Gobabis: 24° | 34° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 21° | 36° Lüderitz: 16° | 29° Ariamsvlei: 17° | 31° Oranjemund: 15° | 22° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 24° | 41° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 19° | 38° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 23° | 36° Maputo: 24° | 41° Windhoek: 23° | 33° Cape Town: 16° | 21° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 23° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 23° | 38° Harare: 21° | 36° #REF! #REF!