VSA-instelling faal in saak teen BoN

Aansoek van die hand gewys
PayServices het aangevoer die BoN het die maatskappy se intellektuele eiendom met betrekking tot intydse betaalstelsels en handelsverifikasiestelsels gebruik en openbare verkrygingswette oortree.
Kristien Kruger
’n Finansiële instelling wat in Amerika gebaseer is het verlede week gefaal in ’n dringende aansoek teen die Bank of Namibia (BoN) – waarin hy beweer het die sentrale bank het sy intellektuele eiendom misbruik.

Die uitvoerende hoof van PayServices Inc., Lionel Danenberg, het aangevoer die BoN het die maatskappy se inligting met betrekking tot intydse betaalstelsels (real-time payment system; RTPS) en handelsverifikasiestelsels (trade verification system; TVS) gebruik en openbare verkrygingswette oortree.

“Wanneer die BoN sy posisie gebruik vir die wanaanwending van die intellektuele eiendom van ’n VSA-gebaseerde entiteit, plaas dit Namibië se geloofwaardigheid op die internasionale mark in gedrang en die hele land in gevaar,” het Danenberg in hofstukke aangevoer.

Die aansoek volg nadat BoN aangekondig het dat hy saam met die Namibiese Inkomste-agentskap (NamRA) ’n TVS in werking gaan stel.

PayServices voer aan hy moes ten minste die geleentheid gegun word om die uitkoms van die administratiewe besluite te beïnvloed omdat hy “die een was wat die idees vir die RTPS en TVS in 2021 aan die BoN voorgelê het”.

“TVS is nie intellektuele eiendom waarvoor die aansoeker [PayServices] kan eis nie. TVS-tegnologie was lank in die mark voor die aansoeker se beweerde bekendstelling daarvan aan die BoN,” het die BoN se direkteur van valutabeheer en regsdienste, Bryan Eiseb, in hofstukke gesê.

Regter Orben Sibeya het verlede week Dinsdag die aansoek van die hand gewys weens die gebrek aan dringendheid en PayServices beveel om die ander partye se regskoste te betaal.

AGTERGROND

PayServices het die BoN in Januarie 2021 genader met die oog daarop om ’n digitale bank- en handelsplatform (RTPS en TVS) aan te bied en het in Mei 2021 met direkteure van die sentrale bank vergader.

Tydens dié vergadering, beweer Danenberg, het hulle vertroulike inligting gedeel met betrekking tot hulle stelsels. PayServices is later ingelig dat die stelsels nie geskik is vir die Namibiese mark nie.

Danenberg het in November 2021 op ’n mediaberig afgekom wat handel oor BoN en NamRA se voorneme om ’n TVS – wat handelsprosesse outomatiseer en help om onwettige praktyke in handelsbedrywighede te verhoed – bekend te stel.

NAMRA KRY TVS

Danenberg het in hofstukke aangevoer dat die BoN openbare verkrygingswette oortree het deur nie tenderprosesse te volg nie.

Eiseb beweer egter in sy hofstukke daar het wel ’n tenderproses tussen 3 September 2021 and 5 Augustus 2022 plaasgevind.

“Ná ’n onsuksesvolle openbare verkrygingsproses het die BoN op 10 Maart 2022 voortgegaan met ’n geslote verkrygingsproses en dit is toegeken aan eTradex (Pty) Limited wat handel dryf as Global Trade Solution (GTS).”

Volgens Eiseb het GTS aan die tendervereistes voldoen en reeds die TVS ontwerp wat sedert Oktober in werking is. Die installering, toetsing en implementering van die stelsel het die BoN glo sowat N$2 miljoen uit die sak gejaag.

TENDER NOG NIE TOEGEKEN

Danenberg het ook glo in Augustus vanjaar “toevallig” op ’n mediaberig afgekom oor ’n tender vir ’n RTPS – ’n stelsel wat onmiddellike betalings moontlik maak sonder die vertragings van tradisionele betaalstelsels.

Die bod was glo oop vir plaaslike en internasionale tenderaars en PayServices het die BoN gekontak vir meer inligting. Die tender is aangestuur en PayServices het ’n aanbod ingedien.

“Die tender was gebrekkig weens die feit dat dit nie internasionaal geadverteer is nie en die sluitingsdatum het tenderaars nie genoeg tyd gegee nie,” het Danenberg in sy aansoek aangevoer.

Hy het bygevoeg hulle is nooit van die uitkoms van die tenderproses ingelig nie, maar Eiseb het gesê die proses is nog nie afgehandel nie.

DRINGENDE AANSOEK

Danenberg het in die dringende aansoek aangevoer die bewoording wat in die RTPS-tender gebruik is en die kennisgewing van NamRA se TVS-bekendstelling is identies aan dít wat PayServices in 2021 aan die BoN voorgelê het.

“Deur ’n derdepartymaatskappy [eTradex] toe te laat om PayServices se intellektuele eiendom te misbruik, laat die BoN ’n nuwe mededinger in die mark toe wie se grondslag gebou is op die onwettige verkryging van PayServices se kennis,” lui Danenberg se verklaring.

Danenberg het benadruk dat die BoN se optrede veroorsaak dat PayServices moontlik nooit die Namibiese mark sal kan betree en met sy eie intellektuele eiendom kan meeding nie.

Eiseb beweer egter geen “intellektuele eiendom” met betrekking tot die idee van ’n TVS behoort aan PayServices nie en dat daar geen skending van enige intellektuele eiendom plaasgevind het nie.

Die BoN het aangevoer die aansoek is nie dringend nie en dat PayServices geen bewyse opgelewer het oor waarom hy nie later met ’n verhoor moontlike regstelling kan verkry nie.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.02 | EUR to NAD 19.83 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.4 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.98 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1429.05 | USD to ZAR 18.4 | USD to ZMW 27.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 376.81/OZ UP +1.29% | Copper US$ 4.67/lb UP +2.29% | Zinc US$ 2 957.10/T UP 1.31% | Brent Crude Oil US$ 84.98/BBP UP +0.38% | Platinum US$ 991.21/OZ UP +0.60% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.02 | EUR to NAD 19.83 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.4 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.98 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1429.05 | USD to ZAR 18.4 | USD to ZMW 27.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 376.81/OZ UP +1.29% | Copper US$ 4.67/lb UP +2.29% | Zinc US$ 2 957.10/T UP 1.31% | Brent Crude Oil US$ 84.98/BBP UP +0.38% | Platinum US$ 991.21/OZ UP +0.60%