Vier ‘NV-bedrieërs’ verskyn weer in hof
Saak hervat op 2 Desember
Die vier beskuldigdes staan tereg op 13 klagte wat verband hou met beweerde korrupsie.
Vier mans wat daarvan beskuldig word dat hulle die Nasionale Vergadering (NV) uit ongeveer N$1,2 miljoen bedrieg het, het Woensdag vir die tweede keer in die Windhoekse landdroshof voor landdros Jozanne Klazen verskyn.
Mnre. Paulus Nathinge, Jason Natangwe Naule, Petrus Husselman en James Ukarerani staan tereg op 13 klagte wat verband hou met beweerde korrupsie.
Nathinge staan tereg op twee klagte van korrupsie wat verband hou met N$179 000 wat hy glo aan homself as ’“daaglikse verblyftoelae” uitbetaal het in sy kapasiteit as ’n rekenmeester by die NV.
Hy het ook na bewering N$10 000 wanbestee wat hy namens die NV ontvang het.
Naule, wat ook as ’n rekenmeester by die NV werksaam was, staan onder meer tereg op klagte van korrupsie en sameswering.
Die staat beweer Naule het onwettige bedrae van ongeveer N$826 000 aan homself uitbetaal. Toe hy daaroor uitgevra is, het hy beweer die betalings is vir spesiale dienste wat aan die NV gelewer is.
Husselman, ’n voormalige direkteur van regsdienste by die NV, se klagte hou hoofsaaklik verband met die onwettige gebruik van die NV se korporatiewe rekening by MTC.
Hy word daarvan beskuldig dat hy toestelle soos ’n iPhone 11 Pro Max, ’n Samsung Galaxy Ultra, ’n Samsung Galaxy A50, en verskeie selfoonkontrakte en -dienste ter waarde van ongeveer N$200 000 onregmatig gekoop en gebruik het.
Ukarerani, ’n sakeman, staan tereg op 'n klag van geldwassery. Die staat voer aan hy het bykans N$700 000 onregmatig aan ’n maatskappy, UMK Investments, oorbetaal.
Borgtog van N$30 000 is op 14 Oktober aan elk van die mans toegestaan en hulle het aan die hof gesê hulle het die volle bedrag wat hulle na bewering gesteel het, weer aan die NV terugbetaal.
Verhoorverrigtinge is Woensdag uitgestel om Nathinge die geleentheid te gee om regshulp te verkry.
Die beskuldigdes verskyn weer op 2 Desember in die hof.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie