Vermeende skieter soek regshulp
Sinskus Johannes (59), die man wat daarvan beskuldig word dat hy die tradisionele leier Sam Nepando na bewering doodgeskiet en die hoofman van Iikokola, I-Ben Nashandi, gewond het, het tydens sy verskyning in die landdroshof op Ondangwa gesê hy wil vir regshulp aansoek doen. Johannes staan onder meer tereg op aanklagte van moord, poging tot moord, die afvuur van 'n vuurwapen in 'n openbare ruimte asook regsverydeling.
Die staat beweer Johannes het die vuurwapen wat in die skietery gebruik is, in nabygeleë bosse weggesteek. Johannes het Maandag in die hof deur middel van ‘n tolk aangedui hy is van voorneme om vir regshulp aansoek te doen.
Staatsaanklaer Yeukai Kangira het die hof meegedeel die saak is nog in 'n voorlopige stadium, met ondersoeke wat aan die gang is.
Uitstaande ondersoeke sluit in die insameling van getuieverklarings en fotoplanne, sowel as nadoodse en mediese verslae.
Die staat het borgtog vir Johannes teengestaan weens die ernstige aard van die oortredings en het aangevoer hy hou 'n gevaar in indien hy vrygelaat word. Dit het ook ‘n sterk saak teen hom wat onder meer deur drie ooggetuies ondersteun word. Johannes word ook as 'n vlugrisiko beskou, nadat hy glo na die skietery van die toneel gevlug en op ‘n ander plek in hegtenis geneem is. Kommer is ook uitgespreek oor Johannes se moontlike inmenging met getuies. Volgens die staat sou sy vrylating nie in openbare belang of in die belang van regspleging wees nie, veral omdat die slagoffers na bewering geskiet is terwyl hulle hul amptelike pligte uitgevoer het. Dit voer ook aan Johannes het die skietery sorgvuldig beplan.
Landdros Nelao Ya France het die saak tot 18 Junie 2026 uitgestel vir verdere ondersoek en Johannes bly tot dan in aanhouding.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie