Verlof tot appèl afgekeur
Saak van die rol geskrap
Ottilie Ndimulunde word verbied om op enige wyse hoegenaamd swaar masjinerie te gebruik om enige nuwe pad vanaf die D2612-pad in 'n westelike rigting na 'n mynperseel in die Khorixas-distrik te bou.
’n Aansoek om verlof tot appèl teen ’n beslissing ten gunste van twee kommunale bewaringsgebiede in die Kunenestreek, ’n tradisionele owerheid en ’n toerismemaatskappy, is in die hoërhof in Windhoek van die hand gewys.
Regter Boas Usiku het die appèlaansoek van Ottilie Ndimulunde teen die Doro !Nawas- en Ûibasen Twyfelfontein-bewaringsgebied, die ≠AodamanTradisionele Owerheid en Ultimate Safaris teen ’n beslissing op 2 Desember 2024 van die hand gewys.
Volgens Usiku is die aansoek om verlof tot appèl in die hooggeregshof van die hand gewys op grond daarvan dat die bevel waarteen geappelleer word, nie appelleerbaar is nie.
Ndimulunde is ook deur die hof opdrag gegee om die koste van die vier respondente te betaal. Die saak is ook van die hofrol geskrap. Volgens die hofbeslissing in Desember word Ndimulunde of enige persoon wat in diens van of optree onder haar leiding, verbied om op enige wyse hoegenaamd swaar masjinerie, insluitend padskrapers, graafmasjiene en wipbakvragmotors, te gebruik om enige nuwe pad vanaf die D2612-pad in ’n westelike rigting na ’n mynperseel in die Khorixas-distrik te bou.
Enige nuwe paaie, padwerke of voertuigspore word ook deur die hofbevel op Plase 535 Probeer en 527 Draaihoek in die Khorixas-distrik verbied.
Verder word Ndimulunde of enige persoon wat in diens van of wat optree onder haar leiding, verbied om op enige wyse hoegenaamd enige mynbedrywighede op die mynkleims 72300, 72301, 72302, 72303, 72304, 72305, 72400 en 72401 te bedryf.
Daar mag ook geen verdere mynbedrywighede op mynkleim 7402 van die sesde respondent, Timoteus Mashuna, plaasvind nie. Ndimulunde moes ook toe vir die applikante se hofkoste opdok.
Die saak spruit voort uit ’n dringende hofaansoek van die vier applikante teen Ndimulunde, die omgewingskommissaris Timoteus Mufeti, die minister van die omgewing, bosbou en toerisme Pohamba Shifeta, die mynboukommissaris Isabella Kandjii-Chirchir, Mashuna, die Sorris Sorris-bewaringsgebied en die Daure Daman Tradisionele Owerheid nadat paaie in omgewingsensitiewe gebiede na die voorgestelde tinmyn gebou is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie