Die Fishrot-beskuldigde, Nigel van Wyk, Vrydag in die hoërhof in Windhoek. Foto Facebook
Die Fishrot-beskuldigde, Nigel van Wyk, Vrydag in die hoërhof in Windhoek. Foto Facebook

Van Wyk sê glo nee vir pleitooreenkoms

Borgtogaansoek hervat op 11 April
Sedert November 2021 voer die staat glo gesprekke met Nigel van Wyk oor 'n pleitooreenkoms waarin die staat na bewering wil hê hy moet skuldig pleit op een van die klagte waarop hy teregstaan.
Kristien Kruger
Dit het Vrydag tydens die Fishrot-beskuldigde, Nigel van Wyk, se aansoek om borgtog aan die lig gekom dat die staat na bewering ’n pleitooreenkoms met hom wou aangaan.

Volgens Van Wyk se getuienis en ondersteunende dokumente wat by die hof ingedien is, het die staat aangebied om die ander klagte teen hom te laat vaar indien hy skuldig pleit op een van die klagte waarop hy teregstaan. Die klag waarop hy na bewering moes skuldig pleit is regsverydeling wat verband hou met Van Wyk se inhegtenisname toe hy by medebeskuldigde en sy destydse werkgewer, Sacky Shanghala, se huis vasgetrek is nadat na bewering probeer het om inkriminerende dokumente uit die huis te verwyder.

Die staat het glo aan Van Wyk gesê hy moes in sy pleitverduidelik sê dat Shanghala opdrag aan hom gegee het om die dokumente te verwyder.

Die staat het na bewering verder gesê indien Van Wyk skuldig pleit op die een klag, sal die staat nie sy regsverteenwoordiger se versoek dat hy net ’n boete betaal, teenstaan nie. Hy sou daarom vrygelaat word aangesien hy reeds ’n lang tydperk in aanhouding was.

Van Wyk het glo die aanbod van die hand gewys en gesê hy gaan nie skuldig pleit op iets wat hy nie gedoen het nie.

Gesprekke oor ’n pleitooreenkoms tussen Van Wyk en die staat het na bewering reeds in November 2021 begin.

FISHROT-GELD

Die staat beweer dat Van Wyk sowat N$1,9 miljoen uit die Fishrot-korrupsieskandaal gebaat het.

Hy voer egter aan dat hy buiten vir sy maandelikse salaris nie persoonlik baat gevind het by die geld wat hy ontvang het nie.

Van Wyk het tydens Donderdag se verrigtinge erken dat hy betalings van medebeskuldigde, James Hatuikulipi, asook ander entiteite van sy medebskuldigdes ontvang het, maar beweer dat hy die geld namens Ole Investment ontvang het en dit gebruik het vir die maatskappy se uitgawes. Dit was glo deel van sy pligte as werknemer van Ole Investments.

Van Wyk en sy regsverteenwoordiger, Mbanga Siyomuinji, voer aan dat Van Wyk rekenskap kan gee vir al die geld wat hy vanaf November 2017 tot November 2019 ontvang het.

Hy het glo sowat N$230 000 van Hatuikulipi ontvang; N$582 000 van ander entiteite; N$714 000 in salarisse; en ’n verdere bedrag van byna N$514 000 om die maatskappy se uitgawes te dek. Die totaal beloop sowat N$2 miljoen.

REGSVERYDELING

Van Wyk het ook verlede week getuig dat hy nie besig was om inkriminerende dokumente uit Shanghala se huis te verwyder toe hy in hegtenis geneem is nie.

Hy het getuig dat hy in Desember 2019 vir Shanghala by die Seeis-polisiekantoor, waar hy in aanhouding was, besoek het. Van Wyk het daarna na Shanghala se huis gegaan om glo ’n brief wat Shanghala aan hom gegee het, aan Shanghala se meisie te gee.

Nadat hy die brief oorhandig het, het hy na bewering na Shanghala se studeerkamer gegaan en twee sakke, ’n rekenaarskerm en -boks en paar dokumente gevat en in sy voertuig gelaai. Van Wyk is daarna in hegtenis geneem.

Volgens Van Wyk was hy van plan om die items na die kantoor te neem wat hy vir Shanghala moes inrig.

BORGTOGVOORWAARDES

Van Wyk het aan regter David Munsu gesê hy is bereid om enige borgtogvoorwaardes na te kom en is selfs bereid om drie keer per dag by ’n polisiekantoor aan te meld. Hy is ook bereid om N$10 000 vir borgtog te betaal.

Hy het die hof gesmeek om hom met sy vrou en kinders te herenig.

Van Wyk het Vrydag sy getuienis afgehandel en die saak is tot 11 April uitgestel. Die staat sal dan met kruisondervraging begin. Die verrigtinge is geskeduleer om tot 14 April te duur.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 33° Rundu: 15° | 32° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 16° | 31° Windhoek: 14° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 17° | 30° Lüderitz: 12° | 28° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 10° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 27° Lubumbashi: 15° | 29° Mbabane: 14° | 19° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 14° | 27° Cape Town: 13° | 22° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 27° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: Premier League: Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 33° Rundu: 15° | 32° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 16° | 31° Windhoek: 14° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 17° | 30° Lüderitz: 12° | 28° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 10° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 27° Lubumbashi: 15° | 29° Mbabane: 14° | 19° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 14° | 27° Cape Town: 13° | 22° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%