Uitdaging van sodomiewette nader uitspraak

Slotbetoë gister gelewer
'n Groep betogers het voor die verrigtinge voor die hof saamgedrom en ondersteuners van die hofaansoek het die hofsaal volgesit.
Kristien Kruger
“Hierdie saak gaan nie oor wie wen en wie verloor nie. Dit gaan oor hoe ons ons medemens hanteer en mekaar se verskille verdra. Dieselfde manier hoe ons iemand sal hanteer wat linkshandig is of albinisme het – ons aanvaar hulle, waarom nie mans met ander seksuele voorkeure nie?”

So het een van die drie regters, Shafimana Ueitele, tydens gister se verrigtinge gesê in die saak waarin die aktivis Friedel Dausab die land se sodomiewette uitdaag. Uitspraak in die saak is gister geskeduleer om op 17 Mei 2024 gelewer te word.

Partye het gister in die hoërhof in Windhoek verskyn vir slotbetoë.

Ueitele het ook tydens die verrigtinge vir partye gevra wat die impak is van vanjaar se hooggeregshof-uitspraak wat eggenote in selfdegeslaghuwelike, wat wettiglik buite Namibië getroud is, aanvaar. Hy het daarop gewys dat die huidige Sodomiewet in werklikheid daardie egpare verhoed om seks te hê.

“Ek is baie bly dat vandag se verhoor die kans aan LGBTQI-Namibiërs gegee het om hul grondwetlik beskermde regte te laat geld,” het Flavian Rhode, die uitvoerende direkteur van die Positive Vibes Trust, gesê.

Wat volwassenes in hulle private lewens binne liefdevolle, konsensuele verhoudings en in die intimiteit van hul eie huise doen, behoort nie ’n saak van staatsinmenging te wees nie, het Rhode bygevoeg.

Die Positive Vibes Trust is ’n Namibiese organisasie wat hom beywer vir gelykheid en geregtigheid vir alle mense – insluitend die LGBTQI-gemeenskap – wat Dausab in sy regsgeding ondersteun.

Die respondente sluit in die ministerie van justisie; die ministerie van binnelandse sake, veiligheid en sekuriteit; die aanklaer-generaal (AG) en die prokureur-generaal (PG).

SLOTBETOË

Dausab se regsverteenwoordiger, die senior advokaat Gilbert Marcus, het verskeie argumente gelewer insluitend die bewering dat die regering nie meer die betrokke wette toepas nie en dit daarom geen doel dien nie.

“Trouens erken hulle dat die regering besluit het om nie hierdie wette af te dwing nie en dus indirek aanvaar dat die gedrag wat in private omstandighede plaasvind tussen instemmende volwassenes, nie skade veroorsaak nie,” beweer Marcus.

Marcus het verder aangevoer dat die wette inbreuk maak op homoseksuele individue, asook Dausab, se grondwetlike regte tot privaatheid en waardigheid.

Hy het ook die staat se bewering dat die wet die meerderheid of gewilde mening van Namibiërs verteenwoordig en die wette op grond daarvan behou moet word, verwerp.

“Gewilde mening kan tog nie diskriminasie regverdig nie.”

Die regering voer egter aan sy standpunt is gebaseer op die maatskaplike, morele en kulterele norme en praktyke en jarelange waardes van Namibiërs.

“Dit is meer as net blote menings,” het die respondente se regsverteenwoordiger, Dennis Khama, tydens gister se verrigtinge aangedui.

Marcus het verder aangevoer die hof het ’n verpligting om ook die belange van minderheidsgroepe te beskerm.

“Inderdaad word grondwetlike uitdagings nie beslis volgens die morele sienings van een segment van die samelewing nie, al is dit in die meerderheid. As dit so was, sou die regterlike hersiening van wetgewing op grond van ongrondwetlikheid geen doel dien nie. Dit poog om te verseker dat die standpunte van die meerderheid nie inbreuk maak op die grondwetlike regte van veral minderheidsgroepe nie.

“Hierdie wette, wat voor onafhanklikwording in Namibië ingestel is, gee die staat die mag om teen gay en biseksuele mans – wat ’n kwesbare minderheid in die samelewing is – te diskrimineer,” het Marcus aangevoer.

Dausab steun ook sy aansoek op die bewering dat die betrokke wette te vaag is.

“Fundamentele wette kan nie aan die uitoefening van diskresie oorgelaat word nie,” meen hy.

Khama het aangevoer dat Dausab se argument grotendeels gegrond is op buitelandse wetgewing en dat hy “ongeduldig is met die demokratiese proses”.

“Hy poog om die demokratiese debat te kortwiek deur hierdie hof in te trek om hom as die wenner van die debat oor hierdie teenstrydige kwessie te verklaar. Hy beweer omdat ander howe in ander jurisdiksies by die debat ingegryp het, moet hierdie hof dieselfde doen.

“Hy poog om sy morele standpunt as ’n wettige een te stel,” meen hy.

’n Groep betogers het voor die verrigtinge voor die hof saamgedrom en ondersteuners van die hofaansoek het die hofsaal volgesit.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%