Swendelaars teiken glo Elindi-egpaar
Meer spekulasie as feite
Die staat en die media is daarvan beskuldig dat hulle 'n misleidende weergawe aanvuur wat die omvang van beweerde verduistering oordryf.
Die publiek se wanopvatting van die Enercon-Namcor-korrupsiesaak het sy familie in gevaar gestel.
Só beweer die sakeman Malakia Elindi, een van die kernfigure in die brandstofskandaal, nadat swendelaars glo onlangs een van sy twee vrouens genader en N$200 000 geëis het onder die valse voorwendsel dat dit borgtoggeld vir hom en sy ander vrou is, wat ook in aanhouding in verband met dieselfde saak is
Malakia het die staat en die media daarvan beskuldig dat hulle ’n misleidende weergawe aanvuur wat die omvang van beweerde verduistering oordryf.
Hy het tydens sy borgtogverhoor gister in die Windhoekse landdroshof gesê die saak teen hom word meer deur spekulasie as feite gedryf.
Volgens Malakia het die owerhede ook nie geloofwaardige bewyse nie, terwyl die beskuldigdes deur die media verhoor word.
“Wanneer jy groot syfers soos N$480 miljoen rondgooi, begin die publiek glo ons is so ryk dat geld dalk kan uitval wanneer ons die deur oopmaak,” het hy gesê.
Malakia het die staat gekritiseer omdat hulle glo ongeverifieerde syfers herhaal, wat weer deur die media herhaal word. Die bewerings het nie net vir verwronge openbare opvattings gesorg nie, maar ook sy familie in gevaar gestel.
BATES EN PLAASLIKE BANDE
Malakia en sy ouer broer, Peter Hango Elindi, doen aansoek om borgtog nadat hulle op 9 Julie in hegtenis geneem is in verband met ’n brandstofverskaffingsooreenkoms van N$53 miljoen tussen Enercon Namibia en die nasionale oliemaatskappy, Namcor.
Die staat beweer die broers het voordeel getrek uit onreëlmatige kontrakte en openbare fondse deur dopmaatskappye wat vir private verryking herlei is.
Die twee is in aanhouding in die Windhoek Sentrale Gevangenis.
Volgens beëdigde verklarings het Malakia (52) bates ter waarde van N$113 miljoen en laste van N$28 miljoen verklaar, wat ’n netto waarde van N$85,2 miljoen is.
Hy besit verskeie eiendomme, insluitend ’n huis van N$22 miljoen in Ondangwa, huise in Hochland Park, Khomasdal en Walvisbaai, en erwe in Groot Aub, Ondangwa en Ondonga.
Malakia besit ook ’n 50%-belang in die Ombili-kliniek, asook verskeie voertuie waaronder ’n 2023 BMW X6 en ’n Land Rover, en huishoudelike inhoud ter waarde van meer as N$9 miljoen. Sy besighede het meer as 26 Namibiërs in diens.
Peter (60) het bates ter waarde van N$90,9 miljoen en laste van N$20 miljoen verklaar. Sy portefeulje sluit in die El Campo Etogo-plaas naby Omuthiya (N$40 miljoen), ’n Hakahana-eiendom (N$13 miljoen), huise op Otavi en in Hochland Village, sowel as voertuie soos ’n Mercedes-Benz GLE AMG, ’n Toyota Hilux V6 en ’n Land Cruiser.
Peter wat ’n meestersgraad in regte het en ’n voormalige vryheidsvegter is, het gesê sy familie, werknemers en hele lewensbestaan is in Namibië gebaseer.
BEDROG
Die broers word deur Sisa Namandje verteenwoordig wat in die hof aangevoer het die aanklagte is vaag, bewyse ontbreek en die staat se weergawe word verder aangevuur deur sensasie aan die kant van die media.
Namandje het aangevoer sy kliënte se diep ekonomiese bande, familiewortels en Namibiese burgerskap maak dit onwaarskynlik dat hulle sal vlug.
Malakia het getuig hy is bereid om N$20 000 te betaal sou borgtog aan hom toegestaan word. Hy het beklemtoon hy het geen voorneme om te vlug nie.
“Ek wil net my naam in ere herstel,” het hy gesê.
Hy het ook sy vrou Lydia verdedig wat saam met hom in hegtenis geneem is en sê sy het geen betrokkenheid by Enercon se werksaamhede gehad nie.
“Sy moenie hier wees nie. Lydia het niks met die bestuur van Enercon te doen nie. Die Teenkorrupsiekommissie van Namibië (ACC) moes my oor haar betrokkenheid ondervra het, voor hulle haar arresteer het,” het hy aan landdros Linus Samunzala gesê.
Die staat voer egter aan dat Lydia tussen 19 en 21 Julie 2022 ’n transaksie met Enercon aangegaan het en N$3,8 miljoen as vergoeding ontvang het vir ’n ooreenkoms tussen Enercon en Namcor vir die aankoop van nege vulstasies.
Die staat staan borgtog teen weens die erns van die aanklagte en die moontlikheid dat die beskuldigdes met getuies kan inmeng.
Die staat beweer dat fondse wat aan Enercon betaal is, gekanaliseer is na entiteite wat deur die beskuldigdes beheer word of vir niekontraktuele doeleindes gebruik is. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie